Kitare slaan vir Finch
Kitare slaan vir Finch

Kitare slaan vir Finch

Dani Booysen
Brian Finch is 'n legendariese Suid-Afrikaanse country-rocker, maar het oor die dekades diep in Namibiese harte gekruip.

Republikein self het hom al as ere-burger beskryf.

Baie van sy liedjies handel oor Namibië.

Finch is onlangs met B-sel limfoomkanker gediagnoseer en om hom te ondersteun, het Namibiese vriende in die musiekbedryf en vennote besluit om noord van die Gariep ook hul deel te doen.

Sê Finch: “Ek is baie positief en is vuur en vlam om die siekte te wen, my nuwe album te voltooi en dan weer te toer.” Sy herstel kan vier tot vyf maande neem.

Finch het al vir meer as 30 jaar, aanvanklik saam met Kenny Henson, in Namibië opgetree en opnames hier gedoen. Sy loopbaan strek oor langer as vier dekades.

“Hy is 'n legende,” sê Paul Herbst, organiseerder van die drie ondersteuningskonserte vir Finch wat hierdie en volgende naweek plaasvind. “Sy absolute vriendelikheid en uitbundige, passievolle persoonlikheid het hom baie bemind gemaak.”

Finch sou, as die siekte nie toegeslaan het nie, tans sy 13de album in Windhoek by Wouter de Bruyn se Groove Studios opgeneem het.

“Ek is so dankbaar vir almal in Namibië,” sê hy oor Namibië se ondersteuning.

“Ek belowe ek gaan die ding wen.” En dan haal hy soos altyd se leuse in die lewe aan: “May the wings of life never lose a feather.”

Borge verskaf hul dienste verniet en kunstenaars tree gratis op. Die N$100 per persoon toegangsfooi is vir Brian Finch. CD's sal ­beskikbaar wees.

Borge en vennote sluit in Mikel-Jes (klank en toerusting), Namibia Breweries (NBL), Nick du Preez en Wika Service Centre, Koos van Zyl, Natasha Stabler, Servaas van Wyk, Jo Nichol en ander.



DIE PROGRAM

Saterdag 7 Julie @ Vintage Pub & Grill, Olympia, Windhoek

Vanaf 11:00

Kunstenaars: 11:00 Hannes Kaufman, 12:00 Jan Taks, 13:00 André en Joggie, 14:00 ­Savannah, 15:00 Soulshine met Voice of Namibia-­wenner Claudine Nelson, 16:00 Just Jack, 17:00 2Durty7, 18:00 Blikweg



Vrydag 13 Julie @ Desert Tavern, Swakopmund

Vanaf 19:00

Shoreline, JYED, Soulshine, Takamisa Tuesday, Koos van Zyl, Jo Nichol, 4U, Dusty Dixon



Saterdag 14 Julie @ Oceans Restaurant, ­Walvisbaai waterfront

Vanaf 13:00

Jo Nichol, Takamisa Tuesday, Koos van Zyl, 4U, Shoreline, Soulshine, JYED

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!