Kitstoetse in stryd teen hep. E ingespan
Kitstoetse in stryd teen hep. E ingespan

Kitstoetse in stryd teen hep. E ingespan

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het ’n hupstoot in sy stryd teen hepatitis E gekry.

’n Chinese farmaseutiese maatskappy het altesaam 8 000 kitstoetse vir dié siekte aan die ministerie geskenk.

Op die vooraand van Kersfees staan die aantal hepatitis E-gevalle in die land reeds op 4 009, met 34 mense wat reeds aan die siekte beswyk het.

Die meerderheid sterftes het swanger vroue (16) ingesluit, wat 47% van die totale aantal sterftes verteenwoordig.

Namax se kitstoetse ter waarde van N$200 000 is deur die Europese Unie (EU) gesertifiseer en kan binne 10 minute uitslae verskaf.

Bloedtoetse vir die siekte word gewoonlik vir bevestiging na Suid-Afrika gestuur, en die uitslae is gewoonlik eers ná sowat twee weke beskikbaar.

Khomas is steeds die streek wat die meeste deur die uitbreking geraak word en het tot dusver 2 771 gevalle aangeteken.

Dit word gevolg deur Erongo (880), Omusati (144), Oshana (79), Oshikoto (47), Ohangwena (41), Otjozondjupa (5) en Kavango (37).

Volgens die ministerie is onvoldoende toetsvoorrade by laboratoriums, weinig betrokkenheid van gemeenskappe en swak sanitasie- en higiëne in veral informele nedersettings van die grootste struikelblokke in die stryd om dié landswye uitbreking hok te slaan.

In ’n poging om gemeenskappe op die gevare van die siekte sowel as voorsorgmaatreëls te wys, is opvoedingsmateriaal in ses tale (Engels, Afrikaans, Oshiwambo, Damara, Herero en Ruukwangali) in geraakte streke versprei.

Vrywilligers van die Rooikruisvereniging en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), sowel as gesondheidswerkers in gemeenskappe, se hulp is ingeroep.

Volgens MoHSS word water gereeld deur die betrokke munisipaliteite in informele nedersettings in Windhoek en Swakopmund getoets. Die Swakopmund-munisipaliteit het 11 krane en 30 mobiele toilette aan die DRC-informele nedersetting verskaf.

Die ministerie het voorts gemaan elke inwoner van die land moet verantwoordelikheid vir sy of haar eie gesondheid neem.

Basiese higiëne en sanitasiepraktyke soos om hande te was, moet te alle tye geld.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!