‘Kitsuitstalling’ wys diversiteit van Namibiese kuns
Die StArt Art Gallery bied 'n “pop-up”-kunsuitstalling aan wat vanaf 9 April by die Village Opera House in Windhoek besoek kan word.
Die uitstalling bestaan uit nuwe kunswerke deur 'n eksklusiewe groep Namibiese kunstenaars, insluitend Laimi Mbangula, Arno Hoth, Lynette Diergaardt, Elizabeth Shinana, Ismael Shivute, Petrus Amuthenu, Lok Kandjengo, Nicky Marais, Actofel Ilovu, Elia Shiwoohamba en nog ander!
’n Groot verskeidenheid kunswerke wat van verskeie mediums gebruik maak, sal tydens hierdie twee dae lange groepuitstalling ten toon gestel word.
Die nuwe beeldetuin van die Village Opera House sal ook tydens die uitstalling bekend gestel word, 'n inisiatief wat deur The Village Management Company van stapel gestuur is om die diversiteit van Namibiese beeldhoukuns te wys. Al dié beeldhouwerke sal te koop wees.
Hierdie beeldetuin skep 'n simbiotiese verhouding tussen kunstenaars en die omliggende kantore en restaurante, waar die kunstenaars hul werk kan vertoon en verkoop en terselfdertyd die perseel mooier maak vir almal wat in die omliggende omgewing werk.
Die uitstalling open Vrydag om 18:00. Besoekers is welkom op Saterdag 10 April tussen 10:00 en 18:00 en Sondag tussen 11:00 en 14:00. Alle Covid-19-regulasies is van toepassing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie