Kitsvloed eis ma en kleuter
Van die inwoners van 'n informele nedersetting wat hul sinkhuise in 'n rivierbedding gebou het, het al hul besittings in 'n kitsvloed verloor.
Henriette Lamprecht – ’n Kitsvloed in ’n informele nedersetting in Windhoek het Maandag die lewe van ’n ma en haar kleuterseun geëis nadat dit die sinkhuis waarin hulle gelê en slaap het, meegesleur en verwoes het.
Me. Saima Thomas (32) was saam met haar seuntjie van twee, haar drie dae oue baba, haar man en nog iemand in die sinkhuis in die Abraham Iiyambo- informele nedersetting aan die buitewyke van Windhoek.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, het die kitsvloed Maandag omstreeks 21:00 die sinkhuis getref.
Die man het die baba na bewering gegryp en uitgehardloop, terwyl klein Jason Lukas Shindinge en sy ma deur die water meegesleur is.
Thomas se liggaam is gister kilometers verder aan die buitewyke van die Havana- informele nedersetting gevind.
Dié van Shindinge is egter teen druktyd nog nie deur die polisie en lede van die gemeenskap gevind nie.
Republikein het die omgewing waar Thomas se lyk gevind is, besoek waar inwoners tussen opdrifsels en stroomaf na hul besittings gesoek het.
Sinkplate is weer regop gesit om as mure in te staan, terwyl sandbanke rondom die sinkhuise gevorm is om te keer dat water weer deur die huisies stroom.
Die verlies van hul aardse besittings, wat óf weggespoel óf vol modder is, is vir inwoners ’n groot slag.
Ook die feit dat noodsaaklike dokumente soos geboorte- en graad 12-sertifikate tot niet is, is ’n groot verlies.
Me. Maria Shapumba het alles verloor.
“Potte en panne, klere, kos - alles is weg,” het sy gesê.
Volgens me. Alma Hinamanu bly sy al twee jaar hier en was dit die eerste keer dat die rivier so sterk en hoog gespoel het.
Hinamanu het net ’n pot en enkele kledingstukke oor.
Me. Lakia Lisias sê daar was twee volwassenes en twee kinders (van onderskeidelik 13 jaar en ’n jaar en vyf maande) in hul sinkhuis toe die water hulle tref.
Volgens haar het hulle desperaat probeer om van hul besittings te red.
“Toe ek die eerste keer afkyk, was die water by my enkels. Toe ek weer kyk, was die water by my knieë,” het sy vertel.
“Ons kon niks doen nie en het die nag by ’n buurvrou gaan bly.”
Volgens Lisias moes sy haar 13-jarige dogter vandag in gewone klere skool toe stuur, nadat haar skoolklere weggespoel het.
“Ons kan nie anders nie, dit is eksamen.”
Al die inwoners was dit eens dat hulle hul sinkhuise gaan herstel en langs die rivier gaan bly wat Maandag alles verwoes het.
“Ons het nie ’n keuse nie, ons het nêrens anders heen om te gaan nie, ons kan net hier bly,” het hulle gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie