Kitsvloede het Otjomuise moedeloos
Inwoners van Otjomuise wag reeds jare om op hoër grond hervestig te word en voer aan hul name is al jare op ’n waglys.
Tanja Bause – ’n Rivier wat parallel met Instanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondag omstreeks 15:00 talle sinkhuise aan beide kante oorstroom. Ook stormwater wat vanaf die straat en die Otjomuise-polisiekantoor rivier toe vloei, het huise aan beide kante van die rivier oorstroom.
Niemand is beseer nie, hoewel mense skade gely het met onder meer houtkaste wat krom trek en meubels en matrasse wat sopnat is.
Die munisipaliteit het verlede jaar ’n paar inwoners na hoër grond hervestig, maar inwoners is ontstoke omdat hulle al jare lank op ’n hervestigingswaglys is.
Hulle is ook ontsteld aangesien die munisipaliteit nie die rivier soos in die verlede skoonmaak nie.
“Ek het saam met my vyf kleinkinders – waarvan die een gestremd is – op die bed gaan sit. Die water het by die een kant ingestroom en by die anderkant uitgeloop. Die watervloei was so sterk dit het die hele bed met ons op, geskud. Ons was baie bang,” het ouma Magdalena Mokoko (68) gesê.
Dis nie die eerste keer dat haar huis oorstroom nie.
“Ons weet al as die reën begin voorspel dit moeilikheid. Ons weet as die reën kom dan kom die water. Ek is baie bang daarvoor, want een dag is ek, die baie kleinkinders en die gestremde kind alleen by die huis wanneer die water kom en wat dan, wat gaan dan gebeur? Toe die water die keer gekom het, het ons die voordeur gesluit. Alles het gedryf en ek was bang my meubels dryf by die voordeur uit,” het sy gesê.
Haar kleindogter Cynthia Mokolo wat ook op die bed gesit het, het gesê hulle is op talle waglyste van die munisipaliteit om hervestig te word.
“Ons het ook vir die raadslid gevra om hervestig te word. Ons is al jare op die lys en wag nog steeds. Ek was baie bang toe die water afgekom het. Ons het nêrens gehad om heen te gaan nie. Daar was oral water; dis iets wat ek niemand toewens nie. Ons kon eers later die aand by ander familie op droë grond slaapplek kry.”
Mnr. Patrick Kufaang se huis het ook oorstroom terwyl hy, sy vrou en ses kinders in die huis was.
“Ek het vir drie jaar lank ’n huis gehuur terwyl ek op ’n stukkie grond gewag het. Die munisipaliteit het toe vir my dié stuk grond gegee en nou oorstroom ons elke jaar. Ek gooi nou maar aan beide kante van my voordeur ’n sandwal met die hoop dat dit die water dalk bietjie sal keer, maar ek twyfel of dit regtig sal help.”
Wat sy situasie vererger is dat hy aan die een kant van sy huis die rivier het en aan die ander kant is daar ’n sloot waar die water vanaf die straat afloop rivier toe. Die water het ook sy huis oorstroom omdat ’n waterpyp in Istanbulstraat beskadig is en al die varswater saam met die reënwater rivier toe gestroom het.
“’n Probleem is ook omdat die gemeenskaplike varswaterkrane aan die ander kant van die rivier is en as jy nie gister voor die rivier afgekom het water gaan haal het nie, kon jy eers weer nadat die rivier afgeloop het water kry.”
Mnr. Steven Kabono se huis het al vier keer oorstroom.
“Talle mense is reeds hervestig, en elke jaar kom beamptes van die munisipaliteit hier aan en skryf ons name op ’n lys. Elke jaar kom hulle met ’n nuwe boek en skryf ons name neer en dan doen hulle weer niks nie. My naam is al in so baie boeke; hoekom weet ek nie. Hulle het die rivier altyd skoongemaak, maar nou doen hulle dít ook nie meer nie.”
Mnr. Lucas Shivaku het Sondagoggend ’n sandwal agter sy huis gegooi.
“Die water het van agter vanaf die polisiekantoor gekom, die berg afgestroom op pad rivier toe. Alhoewel my huis onder water was, was dit nie so erg nie omdat ek die sandwal gegooi het. Ek dink dit het my baie gehelp.”
’n Vrou wat anoniem wou bly het gesê haar kinders kon nie skool toe gaan nie omdat alles binne haar huis sopnat is.
“Die klere is nat en hang buite; die kinders loop in hul slaapklere rond. Ek hang alles buite – klere, matrasse, beddegoed, alles – maar sien jy die wolke? Ek dink nie die beddegoed en matrasse sal droog word nie. Ek dink dit sal weer ’n nat nag wees.”
– [email protected]
FOTO’s
Ouma Magdalena Mokoko en haar kleinkinders op die bed in haar kamer waar hulle gesit en wag het dat die watervlak daal. Foto Tanja Bause
Ouma Magdalena Mokolo se huis is een van die talle wat Sondag deur die rivier oorstroom is.
Die huis van Patrick Kufaang word van twee kante voor van die rivier en agter van stormwater af oorstroom en hy is nou besig om twee sandwalle te gooi. Foto Tanja Bause
Lucas Shivaku in sy huis waar die vloer nog nat was.
Die huis van Patrick Kufaang word van twee kante af oorstroom en hy is nou besig om twee sandwalle te gooi. Foto Tanja Bause
Die reën het die brug in Istanbul-straat en ’n groot waterpyp beskadig wat die woonbuurt sonder vars water gelaat het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie