Kiwi's oorheers Wêreldrugby se toekennings
Rugby
Die losskakel Beauden Barrett was Sondagaand aan die spits van ''n driekuns vir Nieu-Seeland by Wêreldrugby se toekenningsgeleentheid toe hy as die beheerliggaam se speler van die jaar aangewys is.
Barrett (25) het Dan Carter se skoene ná sy uittrede uit internasionale rugby verlede jaar uitstekend gevul. Steve Hansen, die All Blacks se breier, is as afrigter van die jaar aangewys, terwyl die Kiwi''s ook die span van die jaar-prys ingepalm het.
Die Suid-Afrikaanse vlag het darem ook gewapper. Die Blitsbok Seabelo Senatla is as die beste sewesspeler aangewys, terwyl die blaser Rasta Rasivhenge die skeidsregter van die jaar-prys met Alhambra Nievas, ''n Spaanse vroueblaser, gedeel het.
Jean de Villiers, die voormalige Bok-kaptein, is boonop met die Toekenning vir Karakter beloon.
Barrett asook Hansen, wat die afrigtersprys vir die vierde keer in vyf seisoene verower het, was sleutelfigure in die All Blacks se veldtog van 18 agtereenvolgende toetsoorwinnings.
“Woorde kan dit nie beskryf nie. Ek onthou hoe ek verlede jaar aan sy (Dan Carter se) tafel gesit het. Ek het die uitdaging en verantwoordelikheid werklik baie geniet en ook om meer in die beginspan te kon uitdraf,” het Barret gesê.
Barrett en Hansen het beide hul medelye uitgespreek met die slagoffers van ''n kragtige aardbewing op hul tuisland se Suid-Eiland waarin minstens twee mense omgekom het.
“Wanneer so iets gebeur, word dinge in perspektief gestel en rugby is net ''n sport. Ons stuur aan hulle liefde en beste wense,” sê Hansen.
Barrett was vanjaar op die beste peil van sy loopbaan en het die meeste punte in Superrugby (223), asook die Rugbykampioenskap (81) aangeteken. Hy is die vyfde agtereenvolgende Kiwi om die gesogte prys te wen ná Carter (2012 en 2015), Kieran Read (2013) en Brodie Retallick (2014).
Barrett het die prys voor Billy Vunipola (Engelse agtsteman), sy Kiwi-spanmaat Dane Coles (haker), Maro Itoje (Engelse slot), Jamie Heaslip (Ierse agtsteman) en Owen Farrell (Engelse losskakel) weggeraap.
Geen Suid-Afrikaners, Australiërs of Argentyne was op die kortlys van benoemdes nie. Bryan Habana (2007) is die laaste Suid-Afrikaner wat die prys gewen het.
Die volledige lys van wenners:
Speler van die jaar: Beauden Barrett (Nieu-Seeland). Vrouespeler van die jaar: Sarah Hunter (Engeland). Span van die jaar: Nieu-Seeland. Afrigter van die Jaar: Steve Hansen (Nieu-Seeland). Deurbraak van die jaar: Maro Itoje (Engeland). Sewesspeler van die jaar: Seabelo Senatla (Suid-Afrika). Vrouesewesspeler van die Jaar: Charlotte Caslick (Australië). Skeidsregter van die Jaar: Alhambra Nievas (Spanje) en Rasta Rasivhenge (Suid-Afrika). Vernon Pugh-prys vir uitstaande diens: Syd Millar. Toekenning vir Karakter: Jean de Villiers (Suid-Afrika). Drie van die jaar: Jamie Heaslip (Ierland) teen Italië in die Sesnasies. Olimpiese erkenning: Fidji en Australië. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie