Klagte van haatspraak
Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die klaer ook antwoord hoekom hulle hierdie haatspraak toegelaat het.
Die klag is deur mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services teen The Namibian en mnr. Kapere Alberto ria Kapere ingedien.
Kapere het onderaan 'n aanlynberig wat op 14 Oktober gepubliseer is ("Germany fails to show for genocide hearing") "halssnoermoord teen ’n paar Duitsers” voorgestel. "Ons moet ’n paar bloeiende koppe so vinnig as moontlik Duitsland toe stuur,” het hy bygevoeg.
Dié kommentaar het op 14 en 15 Oktober op The Namibian se webtuiste verskyn.
De Klerk verwys ook na ’n artikel wat op 16 Oktober in die koerant verskyn het wat beirg oor ’n voorval waarin ’n bestuurder ’n slapende wag met water natgegooi het. Volgens hom is ook die voorval “doelbewus as rasgemotiveer” uitgebeeld.
“The Namibian regverdig die rassistiese invalshoek deur op reaksie op sosiale media staat te maak,” voer De Klerk aan. Hy verwys voorts na verskeie “prominente artikels” oor ’n vrou wat op soek was na haar ’n worshond en opmerkings dat so 'n goed versorgde hond nie aan “swart persoon" kan behoort nie. Ook dié artikel was gebaseer op inligting wat op sosiale media bekom is.
“The Namibian kies om net verslag te doen oor wat lyk soos wit teen swart rassisme en om sy inligting net uit sosiale media te kry,” beweer De Klerk.
Volgens hom is die koerant in beheer van sy sosiale media en webtuiste waar kommentaar deur die publiek gesien kan word en waar die bogenoemde rassistiese kommentaar teen Duitsers gemaak is. “Hoewel The Namibian volle kennis van dié voorval dra en deeglik daarvan bewus is dat dit vir dae sigbaar was vir die hele wêreld om te sien, kies hy om nie ’n gebalanseerde oorsig van rassisme in Namibië weer te gee nie.”
De Klerk sê die koerant lewer “doelbewus verslag oor rassisme op ’n ongebalanseerde wyse met die doel om rassisme in ons land aan te vuur en ’n valse boodskap te versprei dat net wit mense rassisties kan wees”. Hy het die ombudsman versoek om die saak te ondersoek en gepaste stappe teen die “betreurenswaardige voorval” te doen.
“’n Selektiewe benadering tot die uitroei van rassisme," redeneer De Klerk, "gaan haat net verder aanblaas.”
Christof Maletsky, waarnemende redakteur van The Namibian, het gister by navraag gesê die betrokke kommentaar deur Kapere is Sondag dadelik verwyder toe dit onder sy aandag gekom het. 'n Finale, skriftelike waarskuwing is volgens hom ook aan die betrokke leser gestuur.
Volgens Maletsky is daar dus tydig volgens die voorskrifte van die etiese gedragskode vir die Namibiese media opgetree. Hy het gesê die koerant sal met Google opneem hoe weergawes van die kommentaar wat dalk nog mag bestaan, verwyder kan word.
"Ons staan vir mensregte en beskou dus die voorval as baie ernstig," het Maletsky verseker. Die koerant sal sy saak aan die ombudsman stel sodra dit versoek word om so te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie