Klagtes van dwarsboming wag dalk vir Trump
Die Twitter-storm wat pres. Donald Trump van Amerika weer eens veroorsaak het, kan skietgoed vir 'n spesiale ondersoekbeampte wees.
Die afdanking van die adjunk FBI-adjunkdirekteur, Andrew McCabe, deur pres. Donald Trump versterk beweringe dat hy besig is om die ondersoek na Russiese inmenging te dwarsboom.
Trump kan met ‘n berekende dobbelspel besig wees om potensiële getuies teen hom, soos McCabe en die voormalige FBI-direkteur James Comey, in ‘n swak lig te stel.
Sy neerhalende twiets oor albei waarin hy dit duidelik maak dat hy hulle wou afdank, vuur beskuldigings aan dat hy onwettig by die ondersoek van Robert Mueller inmeng. Dit kan ‘n bedreiging vir sy presidensie inhou.
"Andrew McCabe FIRED, a great day for the hard working men and women of the FBI - A great day for Democracy," het Trump getwiet nadat McCabe afgedank is omdat hy na bewering leuens tydens ‘n interne ondersoek vertel het.
"Sanctimonious James Comey was his boss and made McCabe look like a choirboy. He knew all about the lies and corruption going on at the highest levels of the FBI!"
Trump het dit met ‘n Twitter-aanval op Mueller opgevolg. Mueller het die ondersoek na sameswering tussen die Trump-verkiesingsveldtog en Rusland oorgeneem nadat Trump in Mei 2017 vir Comey afgedank het.
"The Mueller probe should never have been started in that there was no collusion and there was no crime," het Trump gesê.
Niemand weet vir seker watter klagtes Mueller, die swygsame, 73-jarige aanklaer wat self ‘n voormalige direkteur van die FBI is, bestudeer nie.
Daar is egter tekens dat hy benewens die ondersoek na sameswering op moontlike dwarsboming van die gereg fokus.
McCabe se regsverteenwoordiger, ‘n voormalige inspekteur-generaal van die departement van justisie, Michael Bromwich, sê Trump se twiets “bevestig dat hy die hele proses wat tot McCabe se afdanking gelei het, gekorrupteer en onwettig gemaak het.”
Die teoretiese saak van dwarsboming van die gereg kan begin by Comey se bewerings dat Trump verlede jaar druk op hom geplaas het.
Dit kan ook valse getuienis deur Trump se personeel, Trump se eise dat prokureur-generaal Jeff Sessions en Mueller afgedank word en moontlike verkiesingsveldtog-kontrakte met Rusland asook McCabe se afdanking insluit. Die afgelope naweek het Trump se regsverteenwoordiger, John Dowd, in ‘n onderhoud met The Daily Beast oënskynlik ingemeng toe hy gevra het dat die ondersoek na “die beweerde Russiese sameswering wat begin is deur McCabe se baas, James Comey,” afgelas moet word.
Dwarsboming van die gereg was een van die beskuldigings in die Watergate-ondersoek wat Richard Nixon gedwing het om in 1974 te bedank.
Om dwarsboming van die gereg teen Trump te bewys, sal Mueller moet bewys dat die president korrupte bedoelings met sy optrede gehad het. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie