Klanke vir kanker
Die Kunstekollge (Cota) bied op 15 en 16 November ‘n uitsonderlike Kerskonsert by die NG Kerk Moedergemeente in Windhoek aan ter ondersteuning van die Kankervereniging van Namibië (CAN).
Die doel van die konsert is om geld in te samel vir CAN se twee tussentydse huise – Huis Acacia vir volwasse kankerpasiënte, en Chica vir kinders met kanker. By laasgenoemde kan ouers van kinders met kanker gratis tuisgaan en drie maaltye per dag ontvang.
CAN maak uitsluitlik op borge en ondersteuningsprogramme staat wat inkomste betref.
“In hierdie droogte en donker ekonomiese tye - en al hoe meer Namibiërs wat met kanker gediagnoseer word - is dit 'n steeds ingewikkelde en moeilike uitdaging om ons finansies te beheer en pasiënte te alle tye te ondersteun,” sê Rolf Hansen, uitvoerende hoof van CAN. “Ons benodig al die ondersteuning wat ons van die publiek kan kry.”
Hansen sê die ondersteuning van Cota is ‘n ongelooflike voorreg en dra tot die sukses van CAN by.
“Die Kankervereniging van Namibië is baie dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning van die Kunstekollege se liefdevolle bydrae om lewens aan te raak. Gesondheid is ons almal se verantwoordelikheid en wanneer die kunste ook met ons hande vat, dien dit as bewys dat saamstaan die beter opsie is.”
Fanie Dorfling, die Cota-jeugkoor se dirigent, sê Cota se jaarlikse Christmas Memories ten bate CAN bly ‘n hoogtepunt.
“Kom luister na Haydn se ‘Missa Sancti Nicolai’, gesing deur die jeugkoor en ander soliste. Verder sal daar ook ander liedere opgevoer word om konsertgangers vir ‘n geseënde Kersseisoen voor te berei,” sê Dorfling.
Kaartjies vir die Kerskonsert kos N$100 vir volwassenes en N$50 vir pensionarisse en kinders. Kontak Hermien Vries by 081 260 3396 vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie