Klap 'n tekkie vir Bybels
Klap 'n tekkie vir Bybels

Klap 'n tekkie vir Bybels

Draf en stap
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die Bybelgenootskap van Namibië bied op Saterdag 30 Oktober 'n pretstap by Wanderers in Pionierspark aan om geld vir die druk en verspreiding van Bybels in te samel.

Die vyf kilometer is kort genoeg en bied die ideale geleentheid vir gesinne en families om met Wollie en Pote aan 'n leiband saam iets te doen. Die fikses kan natuurlik die 5 km of verder draf om weer by Wanderers te eindig.

Agterna wag daar hope pryse wat in gelukstrekkings gewen kan word. Die eerste 100 inskrywings ontvang 'n verrassingspakkie vir hul flinke stappie.

Deelname kos N$100 vir volwassenes en kinders betaal N$50. Deelnemers spring om 07:00 weg terwyl dit nog lekker koel is. Vir meer inligting kan 081 333 7777 gebel word, of navraag kan by [email protected] gedoen word.

Inskrywings is by die Bybelwinkel by 428 Onafhanklikheidsrylaan beskikbaar. Inskrywings kan ook aanlyn op die Facebookblad “Bible Society of Namibia – Bybelgenootskap van Namibië” gedoen word, waar 'n skakel verskaf word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!