Klasse by skool opgeskort
Klasse by skool opgeskort

Klasse by skool opgeskort

'n Laerskool in Windhoek wag op die uitslae van 'n leerling, nadat 'n nabye familielid positief vir Covid-19 getoets het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het 'n aanlyn opname aan sy direktorate in al 14 streke van die land gestuur om skole se gereedheid te bepaal vir die uiteindelike terugkeer van verskeie grade eerskomende Maandag.

Die opname om te bepaal of skole reg is vir grade 4, 5, 6, 8 en 10-leerlinge se terugkeer na die skoolbanke word in samewerking met die streekleierskap van die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) gedoen.

Volgens die minister, me. Anna Nghipondoka, is deel van die opname om skole se gereedheid ten opsigte van voorbereiding en die ooreenstemming met gesondheidsregulasies vas te stel, asook enige uitdagings wat hulle mag ervaar.

Volgens Nghipondoka het die mini­sterie reeds teen gister die nodige terugvoer van skole verwag.

“Noudat die verslae van skole ontvang is, gaan die ministerie in samewerking met Nantu 'n ontleding doen. Dit sal bepaal wat die volgende stap is,” het sy gesê. Laasgenoemde sal Vrydag bekend gemaak word.

Nghipondoka het beklemtoon die veiligheid van leerlinge, onderwysers en alle personeellede is die belangrikste oorweging in alle besluite wat die ministerie neem.

Die Laerskool Suiderhof het intussen tot Vrydag alle klasse by die skool opgeskort. Dit volg nadat 'n nabye familielid van 'n leerling positief vir Covid-19 getoets het. Volgens die direkteur van onderwys van die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, het die betrokke leerling tot laas Vrydag nog klasse by die skool bygewoon. Die sluiting volg ná 'n besoek Dinsdag deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se opsporingspan aan die skool.

Die sluit van die skool en opskorting van klasse is volgens Vries nodig om die skool as voorsorgmaatreël te ontsmet. Aanlyn onderrig duur volgens hom voort vir die dae wat die skool gesluit is.

Hy het 'n beroep op ouers, leerlinge en verwante rolspelers gedoen om kalm te bly en saam te werk terwyl die skool op die toetsuitslae van die geraakte leerling en onmiddellike familielede wag.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!