Klasse by Suiderhof-laerskool opgeskort weens kontak met 'n Covid-19-geval
Alle klasse is vanaf môre (Woensdag 29 Julie) tot Vrydag by die Suiderhof-laerskool in Windhoek opgeskort nadat 'n nabye familielid van 'n leerling by die skool positief vir Covid-19 getoets het. Volgens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se direktoraat vir die Khomasstreek sal die klasse Maandag 3 Augustus weer hervat.
Volgens die direkteur mnr. Gerard Vries het die betrokke leerling klasse by die skool tot verlede Vrydag (25 Julie) bygewoon. Vries sê die besluit om klasse tydelik op te skort, volg in reaksie op 'n span van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se besoek vandag aan die skool.
Vries sê die besluit is as 'n voorsorgmaatreël geneem en om die skool te ontsmet. Hy het 'n beroep op ouers, onderwysers, leerlinge en die gemeenskap gedoen om kalm te bly en hul samewerking te gee terwyl die skool wag op die uitslag van die toetse van die betrokke leerling en onmiddellike familielede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie