Klassieke musiek bou Duits-Namibiese brug
Op 22 en 23 September word ou bande tussen Duitsland en Namibië versterk deur optredes van die Namibiese Nasionale Simfonieorkes (NNSO). Die Kollege van die Kunste (Cota) bied dié konserte aan in samewerking met die Duitse ambassade in Namibië se German Weeks.
Deur simfoniese klanke en beelde neem die NNSO die gehoor op ‘n Duits-Namibiese reis wat begin met Mozart se Concertante in E-mol majeur. Die soliste, Jürgen Kriess en Enrico Palascino, verteenwoordig Duitsland vanuit ‘n Namibies-Europese konteks.
Die reis deur Duitsland word in die tweede helfte voortgesit met Ludwig van Beethoven se Romanse in F majeur, waartydens twee Namibiese seuns, Eike Coetzee en Ronaldo Kandume, as violiste gaan optree. Die finale items bring die musiek na eie bodem met Lyvodia #Ouses en Eslon Hindundu wat Namibiese liedere gaan sing met die begeleiding van die simfonieorkes.
Musiek is hier die samebindende faktor wat ou, hedendaagse en toekomstige bande smee. Musiek vra nie vrae nie, beskuldig nie, en stel nie eise nie. Onder leiding van Alexander Fokkens gaan die orkes kulturele hande vat, brûe bou en ‘n gevoel van samewerking skep.
Die Konrad Adenauer-stigting in Namibië se borgskap maak dit moontlik dat die Musai Kwartet vanuit Duitsland saam met die NNSO kan optree, nie as kwartet nie, maar as deel van die NNSO. Schenker Namibië en privaat borge het ook gehelp om konsertuitgawes te dek.
Na afloop van die Concerto-fees vroeër vanjaar, waar die krag onverwags afgegaan het en die eerste konsert by kerslig aangebied is, gaan die konsert op Vrydagaand 22 September ook ‘n kersligkonsert wees. Saterdag 23 September sal die ligte weer aangeskakel word.
Die konserte vind om 19:00 in die Moedergemeente op die hoek van Lüderitz- en Munamayastraat, langs die ou staatshuis in Robert Mugabeweg, plaas. Geen kaartjies word verkoop nie, maar donasies kan gemaak word.
Vir meer inligting, kontak Johanita de Waal by 081 272 9922 of [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie