Klassieke musiek het meer ondersteuning nodig
ERINA JUNIUS SKRYF:
Weer eens groot applous en bravo aan ons veertien jong Namibiese soliste wat tydens die pas afgelope Concertofees (aangebied in die NG Moederkerk, Windhoek) die publiek meegesleur het met hul uitmuntende solovoordragte saam met die Namibiese Nasionale Simfonieorkes (NNSO).
Hierdie jaarlikse instelling dateer reeds uit die vroeë tagtigerjare, en word jaarliks volgehou en georganiseer deur passievolle persone wat die belangrikheid besef van die musikale ontwikkeling en blootstelling van jong en talentvolle klassieke musici. 'n Riem onder die hart was die aantal nuwe jong soliste wat hul debuut gemaak het. Hierdie talentvolle deelnemers, met een uitsondering, is almal studente aan die Kollege vir die Kunste (College of the Arts/Cota).
Besonder groot dank aan Alexander Fokkens wat jaar na jaar sy ervaring, dienste en tyd kom inploeg om as dirigent van die NNSO ons jongmense te bemagtig deur sy musikale mentorskap en sy sensitiewe benadering tot verhoogoptrede saam met die orkes; ook aan Johanita de Waal wat jaarliks met immerkrimpende fondse hierdie omvangryke onderneming van stapel stuur; die bekwame dosente van Cota/orkesspelers wat soveel ure van hul professionele en privaat tyd gee; Enrico Palascino wat as uitmuntende solis verder luister aan vanjaar se geleentheid verleen het, en veral aan Rand Merchant Bank of Namibia, wat finansieel hierdie geleentheid moontlik gemaak het.
Die vraag op almal se lippe: waarom is hierdie luisterryke geleentheid nie weer – soos ál die vorige jare - in die Nasionale Teater van Namibië (NTN) aangebied nie – die eén venue waar so 'n prestige geleentheid hoort? En waarom moes ons besoekende dirigent vanaf die podium 'n beroep op die Namibiese publiek doen om hierdie besondere instelling finansieël te bly ondersteun?
'n Mens sou wou vra wat geword het van die rol en finansiële ondersteuning van die direktoraat kunste by die minsterie van onderwys, kuns en kultuur, waaronder die Kollege vir die Kunste ook resorteer?
Die verdere rede vir hierdie skrywe is om 'n ernstige versoek te rig aan die bestuur van die NTN om met 'n interne samewerkingsoorkoms tussen die teater, NNSO, Cota en die direktoraat kunste weer hierdie besondere skittergeleentheid in die teater aan te bied. Die NTN is die instansie wat geskep is om die uitvoerende kunste te ontwikkel, die volhoubaarheid daarvan te bestuur en 'n platform vir uitmuntendheid ("excellence") te verseker.
Ons as publiek se wens is dat hierdie baie spesiale jaarlikse geleentheid steeds van krag tot krag sal gaan, en dat die Namibiese privaat sektor steeds betrokke sal bly met finansiële ondersteuning om ontluikende jong musici hierdie noodsaaklike platform te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie