Klazen eis samewerking vir visvangregte
Kwota- en regtehouers vir stokvis kry in Walvisbaai ’n inleiding oor hoe dié hulpbron voortaan behoort te word.
Augetto Graig – Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, het gister begin met ’n reeks inleidende slypskole vir die 213 nuwe visvangregtehouers aan wie kwotas vroeër vanjaar toegeken is.
Op Walvisbaai het Klazen stokvisregtehouers klaring gegee oor hoe hulle voortaan voordeel uit hierdie regte kan trek.
Die minister het uitgebrei oor sy besluit om alle toegekende regtehouers sedert 2001 nou in gesamentlike ondernemings van vyf lede elk op te deel. Dié stap volg ná terugvoering oor toekenningsbriewe waarin hy hierdie nuwe vennootskappe van 20% elk uiteengesit het, sê hy.
Klazen sê sommige regtehouers wou nie saamwerk met mense wat hulle nie ken nie, of met mense van ander agtergronde, of met mense met verskillende sakebenaderings nie.
“Om as ’n groep regtehouers saam te werk, hoef nie noodwendig moeilik te wees nie. Jy kan saam voordeel trek as jy met aktiewe rolspelers onderhandel, sodat jy uit ander regtehouers se ervaring kan leer of opdoen oor hoe om onder meer bloot as direkteur van ondernemings te dien, of om ’n ander plaaslike taal aan te leer,” sê die minister.
“Noudat ek ’n visvangreg en ’n kwota het, wat nou? Waar begin ek? Wat weet ek van visvang? Sal ek geld maak? Moet ek ’n boot koop? Kan ons ’n boot bekostig of hoe verseker ons dat ons nie aan die einde van die seisoen gestraf word omdat ons nie ons maatskaplike verantwoordelikheid nagekom het nie?
“Hierdie vrae is soveel as die sterre. Dis presies hoekom die sessie gehou word: Om julle te lei op die pad na voorspoed in hierdie nuwe bedryf van visvang,” het hy gesê.
Tydens die dag se program is beleidskwessies en die wetlike raamwerk gedek, fooie en heffings, kwotas en lisensie- aansoeke asook die sake-idees en dinamika van die gevormde gesamentlike ondernemings,” het hy gesê.
“Uiteindelik het ons almal dieselfde doelwitte: om te sien dat soveel mense as moontlik uit ons natuurlike hulpbronne baat en ’n beter lewensgehalte geniet, terwyl ons nuwe ondernemings stimuleer, selfs buite die visbedryf,” volgens die minister.
– [email protected]
FOTO
Die minister van visserye en mariene hulpbronne is mnr. Derek Klazen. Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie