Klazen: 'Geen korrupsie by visserye'
Klazen: 'Geen korrupsie by visserye'

Klazen: 'Geen korrupsie by visserye'

Die minister van visserye en mariene hulpbronne het die gedrag van amptenare verdedig en almal met inligting oor enige beweerde korrupsie aangemoedig om die ACC te nader.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, het gesê ten spyte van wat die meerderheid dink, gaan die ministerie nie gebuk onder 'n vlaag van korrupsie nie.

Hy het dié opmerking tydens 'n onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun gemaak nadat hy onlangs dr. Albert Kawana vervang het.

Klazen het die gedrag van amptenare in sy kantoor verdedig en almal met inligting oor enige beweerde korrupsie aangemoedig om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) te nader.

“Daar is geen aantygings van korrupte praktyke by die ministerie van visserye en mariene hulpbronne nie,” het Klazen gesê.

Hy het wel erken die ministerie moet hul dienslewering verbeter.

Klazen het net lof gehad vir die werk wat sy voorganger gedoen het.

“Die werk wat dr. Kawana gedoen het, was indrukwekkend en moet beskou word vanuit die behoefte om 'n blou ekonomie volhoubaar en regverdig te bestuur om werksekerheid en die behoud van beleggings in die vissery- en mariene bedryf moontlik te maak, sowel as om nuwe beleggers te lok,” het Klazen gesê.



REGERINGSDOELWITTE

Intussen het die voormalige eerste minister, mnr. Nahas Angula, die verkoop van natuurlike hulpbronne om regeringsprojekte te finansier, bevraagteken.

Hy het onlangs op The Agenda verskyn, wat elke Sondagaand op Namibia Media Holdings (NMH) se sosialemediaplatforms uitgesaai word.

“Hoe het die kwessie van regeringsdoelwitte ter sprake gekom in verband met die wet op staatsfinansiering, wat vereis dat die geld eers deur die fonds vir staatsuitgawes moet gaan?” het Angula gevra.

“Die regering moet eers die gebruik van dié fondse goedkeur. Hoekom is 'n onderneming in staatsbesit toegelaat om geld uit te deel? Ek probeer dit nog verstaan,” het hy gesê.

Volgens hom het die gebruik van die opbrengste uit die verkoop van visvangregte om regeringsdoelwitte te finansier, ruimte vir korrupsie geskep.

“Vir my is dit vreemd ... maar ek besef dit is daar om skuiwergate te skep, sodat dinge soos Fishrot kan gebeur. Dit is 'n jammerte,” het Angula gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!