Klein Alexia se koeël verwyder
Francoise Steynberg - Klein Alexia Keil (3) se operasie gister was suksesvol.
Die stuk koeël is gister tydens ‘n operasie van drie ure in die private hospitaal Mediclinic in Windhoekse uit haar kop verwyder nadat sy 'n week gelede in die Bwabwata Nasionale Park deur weermaglede van die teenstropery-eenheid raakgeskiet is.
Die mediese span moes’n week tot gister wag vir die swelling van die brein om te sak voordat hulle kon opereer om die stuk koeël wat 2 cm diep in haar voorkop was, te verwyder.
Volgens ’n vriend van die Keil-familie was die operasie ’n reusesukses. Toe Alexia gister ná die operasie wakker word, het sy begin praat en later iets geëet.
Namibiërs het in afwagting en spanning gewag terwyl Alexia in hul gebede opgedra is.
Lees die volledige berig in môre se Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie