Klein Alexia vandag onder die mes
Klein Alexia vandag onder die mes

Klein Alexia vandag onder die mes

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Klein Alexia Keil (3) wat verlede Woensdag in die Bwabwata Nasionale Park deur weermagsoldate van die teenstropery-eenheid in die kop geskiet is, word vandag geopereer.
Die koeël in Alexia kop sal tydens die operasie verwyder word. Goeie wense stroom van oral in vir die kleinding se spoedige herstel. Op Facebook word gevra dat sy vandag in Namibiërs se gebede opgedra word.
Alexia was op 'n wildbesigtingsrit in die park in die noordooste van die land saam met haar pa Harald, ma Teresa en sussie Caitlyn (2), toe hulle deur 'n groep gewapende weermagsoldate in uniform en siviele drag gestop is. Harald sê hy het bedreig gevoel toe die groep mans nie identikasie wou toon nie en die voertuig se deure begin oopruk. Hy het vir sy familie se veiligheid gevrees en weggejaag. Daar is op hul voertuig geskiet en Alexia is getref.
'n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!