Klein oase op Mariental

Tanja Bause
Tanja Bause – Op die plaas Bastion buite Mariental is ’n klein oase: Die Bastion Farmstall & Coffee Shop.

Hier is die leuse ‘Koffie, tee, geskenke ... dit is nie ’n winkel nie, maar ’n moerse ondervinding’, wat boekdele spreek.

Salome Schoeman is aan die stuur van sake.

“Ons het aanvanklik met die winkel begin om items aan te hou vir ons oornaggaste wat soms goedjies vergeet het. Ons het egter vinnig besef dat hulle, veral die Suid-Afrikaanse toeriste, ietsie spesiaal soek om huis toe te neem. Nou verkoop ons ook produkte soos konfyt wat ons self maak, asook klein geskenkies en aandenkings,” het sy gesê.

Die konfyt word volgens Schoeman se ma se resepte gemaak en die geskenke is sover moontlik handgemaak en eie aan Namibië.

Bastion se kamers kan 21 mense huisves en is daar ook genoeg kampplek vir 24 mense.

“Volgende jaar gaan ons oor ’n groter eetsaal, winkel en kombuis beskik. Dan kan ons ook ontbyt vir mense aanbied wat nie by ons oornag het nie. Ons wil ook graag ’n speelplek vir kinders aanbring,” het sy gesê.

Intussen word daar gewoeker aan die bou van ’n saal vir troues en ander spesiale geleenthede.

“Gedurende die week bou ons en gedurende die naweek hou ons partytjie. Daar was nog nie eens deure aangesit nie, toe is die eerste troue al gehou,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!