Klein ondernemings kan ekonomieu00eb help
Klein ondernemings kan ekonomieu00eb help

Klein ondernemings kan ekonomieë help

NAMPA
As politici ekonomiese groei wil aanmoedig, moet hulle eerder op klein sake­ondernemings fokus.

Dit is die bevinding van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) se verslag oor die vooruitsigte vir wêreldwye indiensneming wat Maandag gepubliseer is.

Luidens dié verslag het die aantal werkers in voltydse poste wat by klein- en middelslagondernemings (KMO's) werk tussen 2003 en 2016 bykans verdubbel.

Dié sektor verteenwoordig ook nou 35% van alle werkers teenoor die 31% van 2003.

Meer as die helfte van mense wat in ontwikkelende ekonomieë soos ­Afganistan en Ethiopië woon werk vir KMO's.

In ontluikende ekonomieë soos China en Mexiko werk ongeveer 'n derde van werkers vir hierdie ondernemings.

Die verslag wys KMO's het veral in die jare voor die ekonomiese krisis van 2008 baie meer mense in diens geneem as daarna.

Die laaste twee jaar het aanstellings in dié sektor egter gestagneer.

“Beleid wat KMO's ondersteun is nodig om die tendens van stagnasie van aanstellings teen te werk,” sê Deborah Greenfield, adjunk-direkteur-generaal vir beleid by die IAO.

Dit sluit toegang tot finansiering in, sê sy.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!