Klein verligting beter as niks
Die verlaging van die uitleenkoers was feitlik 'n uitgemaakte saak nadat Suid-Afrika eerste die besluit geneem het.
Dieselfde verlaging van 0.25 basispunte in die repokoers is gister deur die Bank of Namibia (BoN) aangekondig.
Die motivering vir die besluit is soortgelyk. Groei kom nie op dreef nie, so 'n verligting moet geld terug in die verbruiker en besighede se sakke sit om die ekonomie te help stimuleer.
Huishoudelike skuld het volgens die BoN effens afgeneem, hoewel krediet aan besighede steeds toeneem. Die sentrale bank voorsien dus nie groot risiko's met sy besluit nie – 'n stap wat die afgelope maande in verskeie ander lande gedoen is.
'n Kwart persentasiepunt is nie massiewe verligting nie, maar beter as niks. Van groter finansiële waarde is die verlaging van deposito's vir die aanskaf van bykomende eiendom. Die doel hiermee is om lewe in die huismark terug te blaas.
Renteverligting neem tyd om 'n daadwerklike impak te maak.
Soms gaan stemme op vir meer selfstandige besluite deur Namibië se monetêre beleidskomitee en selfs die ontkoppeling van die Namibiese dollar van die rand. Lidmaatskap van die gemeenskaplike monetêre gebied (CMA) maak onafhanklike besluite moeilik, maar in die CMA lê ook belangrike beskerming vir die Namibiese ekonomie.
Gordels kan beslis nie noemenswaardig skiet gee nie, maar kom ons hoop daar is nog verligting op die horison.
So sê ander
14 Augustus 2019
Nuwe kultuur in SAPD sal vertroue herstel
Syfers wat in Maart deur die Instituut vir Sekerheidstudies bekend gemaak is, dui daarop dat al hoe minder Suid-Afrikaners voorvalle van misdaad by die polisie aanmeld.
Dié staatsinstelling boesem lankal nie meer die vertroue in wat dit moet nie.
In Gauteng het 41% van die polisiebeamptes hul skiettoets gedruip.
In die vorige boekjaar het 505 polisievuurwapens verdwyn en net in die Oos-Kaap het in die 2016-'17-boekjaar 'n verstommende 3,2 miljoen patrone weggeraak.
Swak beheer en korrupsie is ongetwyfeld maar net ván die tameletjies waaroor die minister sleg behoort te slaap.
Wat mannekrag betref, is daar tans 'n tekort van 60 000 beamptes. Veral sigbare polisiëring, wat onontbeerlik is vir die voorkoming van misdaad, ly daaronder.
In Suid-Afrika het die polisiediens reeds 'n groot deel van dié verantwoordelikheid na die private sektor geskuif.
Pres. Cyril Ramaphosa droom daarvan dat geweldmisdaad in die volgende tien jaar met die helfte sal verminder. Om dié droom te verwesenlik, is dringend drastiese ingryping in die Suid-Afrikaanse Polisiediens nodig.
'n Kultuur van verantwoordbaarheid, dissipline en trots moet geskep word, asook 'n omgewing waarin getroue polisielede hul werk met passie kan doen. Dit sal die publiek se vertroue in die diens herstel.
• BEELD/BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie