Klein verskille bepaal Omeya se reeks

Gholf
Die laaste rondte van die gewilde AfricaOnline Race to Omeya reeks is laas Saterdag by die Omeya-gholfbaan afgehandel.

Frikkie le Grange was die wenner vir die dag met 40 punte, gevolg deur Gielie van Wyk (38 punte), Leonard Beukes (37) en Zandra Kruger (37).

Le Grange het ook met die prys weggestap wat vir die hou naaste aan die pen by die sewende putjie op die spel was.

Hiermee is die wenners van die Race to Omeya-reeks ook bepaal. Met die kleinste moontlike verskil het Lukas Dreyer (227 punte) die topposisie voor Borris Erasmus (226) weggeraap, met Dan Zwiebel (220) derde geplaas.

Die gholfklub bedank AfricaOnline vir sy borgskap vir die reeks.

• Omeya het Vrydag ook rondte drie van die FloorWorld Syfer 3-uitdaging aangebied

Dan Zwiebel (38 punte) was eerste, 'n kortkop voor Pieter Woest (tweede met 37), Eugene Loty-Eaton (derde, 36), Zandra Kruger (36) en Abie Louw (35).



GHOLFDAG VIR KERK

Die NG Moedergemeente hou op 24 Oktober 'n gholfdag by Omeya ten bate van geldinsameling. Spel vind in 'n vierbal-alliansie formaat plaas en deelname beloop N$4 000 per span van vier spelers. Vir meer inligting en om in te skryf, kontak Walter Grey by 081 724 2480.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!