Klein voorbeeld u2013 groot probleme
Klein voorbeeld u2013 groot probleme

Klein voorbeeld – groot probleme

Dani Booysen
Die bontstaan verlede week met praktiese eindeksamens in fisiese wetenskap weens die laat aflewering van benodigdhede by sekere hoërskole is verontrustend.

Die feit dat die land se nuwe verkrygingswet vir die konsternasie geblameer is, regverdig ‘n ondersoek en deursigtige terugvoering aan die publiek. Sonder verwyl.

As sake met met ‘n “klein” bestelling só verkeerd kan loop, wonder Namibiërs nie meer oor gereelde berigte van noodsaaklike mediese en ander toerusting wat onbeskikbaar is nie.

Hoewel sekere betrokkenes by die eksamenmoles kla aankope neem nou baie langer, het die verskaffer blykbaar meer as sewe weke se kennis ontvang.

Aan Republikein is beweer geen klagtes is van buite Windhoek ontvang nie, maar minstens in die Omusati-streek moes toerusting op plekke van ander skole geleen word.

Voor dit was daar glo ook probleme met biologie-eksamens.

‘n Staatmakerleweransier is volgens berigte tevore wanbetaal en die nuwe ondernemer kon nie ‘n banklening kry vir die werk nie. Die staat wou ook nie ‘n voorskot betaal nie. Die aand voor die eksamen is glo nog by ‘n sjebeen in die Noorde gespook om benodigdhede bymekaar te skraap. Soutsuur is by een skool in Windhoek eers afgelewer byna ses ure ná leerlinge al opgedaag het.

Hoe gebeur sulke dinge? Hoe wydverspreid was ontwrigting werklik?

Skoolverlaters het in een van die belangrikste eksamens van hul lewens glad nie sulke angs nodig nie.

Ons sien uit na die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se volledige verduideliking.

So sê ander

8 Oktober 2018

Beeld sê

Langs die naam van Nhlanhla Nene, minister van finansies, sal daar altyd positiewe punte in die land se geskiedenis opgeteken staan.

Op ’n kritieke tyd het sy weiering om van oudpres. Jacob Zuma se opdragte oor onder meer die omstrede kernkragplan en die Suid-Afrikaanse Lugdiens uit te voer tot ’n grootskaalse domino-effek gelei.

Maar Nene se klaarblyklik gedwonge (deur EFF-onthullings) erkenning dat daar verskeie ontmoetings tussen hom en die Guptas was, is ’n onverwagse skok. Ook onthullings dat sy seun bevoordeel is deur transaksies van die Openbare Beleggingskorporasie.

As politieke hoof van die tesourie, is dit onhoudbaar dat Nene aanbly.

Die Nene-situasie laat die vraag ontstaan hoeveel “skoon en Gupta-vry” politici daar werklik in die ANC is. Dit wil al hoe meer lyk om die organisasie onomkeerbaar begin versmoor het in die gif van die Gupta-walms.

• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!