Kleinboet van Dash beproef ryers se bene
Bergfietsry
Tielman van Lill - Al was temperature van meer as 37 grade Celsius vir Gochas die afgelope naweek voorspel, het 30-plus getroue ondersteuners vir die jaarlikse G2R Burn-bergfietsbyeenkoms na die suide opgeruk.
Dit was die sewende jaar dat Phil en Karmen van Wyk hul Kamelruhe-gastehuis as basis gebruik om die byeenkoms ten bate van liefdadigheid en kanker aan te bied. Dié geldsinsamelingsfunksie is ten bate van 'n projek in samewerking met die Namibiese Kankervereniging.
Die opbrengs is bestem om die Kankervereniging se mobiele papsmeerkliniek na Gochas te bring, waar bykans 100 vroue van die dorp en omgewing gratis getoets kan word.
Karmen vertel dat deelnemers se bydrae hiertoe deur middel van die G2R Burn-byeenkoms nie gering geskat moet word nie.
“Die bydrae van elke ryer se inskrywingsgeld gaan vir die toetsing van vroue in die gemeenskap en omgewing wat nie ver kan reis nie. Dit betaal ook die koste om die personeel van die Kankervereniging te huisves en van etes tydens hul besoek aan Gochas te voorsien,” sê sy.
Die deelnemers het Saterdagoggend vanaf vieruur die onderskeie afstande oor 30 kilometer, 60 km, 162 km en 206 km as solo-ryers of spanne begin aanpak. Die wedren is gemik op ryers wat hulle vir oulaas voor die 2019 Nedbank Desert Dash wil toets, wat aanstaande maand vanaf Windhoek na Swakopmund plaasvind.
Kallie Grünschloss, veteraan van die Desert Dash en 'n getroue ondersteuner van die G2R-ren, deel sy siening van die uitdaging tussen die rooi Kalahari-duine.
“Ek gaan nie meer vir die Desert Dash oefen nie. Ek gaan net vir die G2R-uitdaging oefen, dan weet ek ek is gereed vir die Dash,” het hy tot groot vermaak van die ander ryers gesê.
Voordat die son uit die ooste sy verskyning gemaak het, was die temperature nog mak wat die eerste ryers gehelp het.
Van die ryers sê hul temperatuurmeters het meer as 40 grade gedurende die dag gewys, met die wind en son wat hulle genadeloos gepeper het.
BORGE EN MEDEWERKERS
Karmen sê: “Die ryers het hulle deur die bank as ysters en uitstekende kandidate vir die komende Dash bewys!
“Hoewel ons ver van Windhoek geleë is, blyk dit dat die deelnemers die suide se gasvryheid, kos en vriendelikheid geweldig baie geniet. Hierdie is nie 'n byeenkoms van groot getalle ryers nie, maar as hulle eers hier was, keer die ryers gereeld terug.
“Solank mense die G2R-ren ondersteun, sal ek en Phil dit bly aanbied om plaaslike vroue te help.
“Ons bedank graag vir FNB Aranos, Tephcor Armed Response, OK Gochas, Namib Mills, Pharma Dynamic, Namibia Wine Merchants, A. Wutow Trading, T&C, CIC, Securitas en Marietjie van Wyk wat die geleentheid moontlik en 'n sukses help maak het," het sy aan Republikein gesê.
“Ons sonder graag vir tannie Carmen en oom Bill Boltman uit wat op hul unieke wyse die waterpunte beman het en so 'n spesiale gees geskep het wat ná 'n hele aantal jaar steeds tasbaar is.
“Laastens, dankie aan tannie Sarie van Lekker Bekkie-tuisnywerheid vir die heerlike eetgoed wat jy vir die waterpunte gemaak het!” het sy afgesluit.
Die voorste uitslae:
30 km solo (gemeng): 1 Le Roux van Wyk (1 uur 20 minute), 2 Riana Dreyer (1:40), 3 Henry Chaimberlain (2:05).
60 km solo: 1 JF Labuschagne (2:34), 2 Joachim Marowitz (2:49), 3 Philip van Wyk (2:58).
162 km solo-mans: 1 Nicolaas Dreyer (8:05), 2 Manus Dreyer (8:38), 3 Borris Kulikowski (11:07).
162 km gemengde spanne van twee: 1 Rina en Faan Lambert (Lumber City, 9:11), 2 Kallie Grünschloss/Leandie Labuschagne (The Young & Restless, 9:24), 3 Elaine Schlechter/Mario Vermeulen (Last Minute, 10:04).
162 km vrouespanne van twee: 1 Petro Enright/Jana von Backstrom (Namib-henne, 11:41), 2 Anri Olivier/Koba Bekker (Down South, 13:28), 3 Zelda Louwrens/Louwene Radford (Happy Feet, 13:28).
206 km solo-mans: 1 Pierre Lambert (9:11), 2 Steven Chaimberlain (9:30), 3 Jan Nel (9:30).
206 km solovroue: 1 Wilmien Chaimberlain (9:30), 2 Risa Dreyer (9:52), 3 Barbara Ackermann (10:52).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie