Kleine Sammy nou u2018n stoute hings
Kleine Sammy nou u2018n stoute hings

Kleine Sammy nou ‘n stoute hings

Toeriste is gaande oor die aanneem-kameelperdjie, maar ’n lodge net buite Omaruru sê hy hou hulle op hul tone.
Des Erasmus
Des Erasmus - ‘n Kameelperd wat as ‘n pasgebore vul feitlik dood in die veld opgetel is, is nou ‘n pragtige hings by die herberg van die Omaruru Game Lodge. Hy maak of die plek aan hom behoort, sê me. Carien Rowland van die gewilde oord net buite Omaruru.

Volgens haar is duisende foto’s al van Sammy by die opstal geneem. Die toeriste beskou hom as te wonderlik, maar personeel van die oord het hul hande met hom vol. ‘n Stoep van die herberg is ‘n gewilde plek onder toeriste met wild wat by ‘n voerplek en ‘n watergat bewonder kan word. Dit is ook waar van die diere uit die hand gevoer kan word. Aanvanklik was Sammy een van die diere wat nader gestaan het, maar vir hom was dit nog nie naby genoeg nie. Hy wou oor die laaste versperring klouter en tussen die mense staan.

Dit het meegebring dat die versperring verhoog moes word sodat hy nie met sy lang bene kon oorklouter nie. Personeel het ook feitlik opgegee om hom terug in die veld te probeer kry. Soms is Sammy selfs voor hulle terug by die opstal.

Sammy het sy naam ontleen aan die veldwagter wat hom by die dood in die veld opgetel het. Daar word vermoed dat die ander kameelperde dié dag vir ‘n padskraper geskrik en weggehardloop het. Sammy was te swak om weg te kom en hy is gekry waar hy met deurgetrapte sagte hoewe in die veld gelê het. Dit was waar sy oppiepery begin het tot op die punt waar hy vandag, byna twee jaar later, ‘n grote hings geword het.

Die Omaruru Game Lodge is bekend daarvoor dat diere baie goed versorg word. Lusernaankope vir die voer van die wild beloop nou sowat N$120 000 per maand.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!