Kleiner span takel streeklande binnekort

Namibië het verlede jaar in hul tuiswaters 'n hoë standaard gestel, maar dié keer is hulle op toer.
Die Namibiese Amateur Swem­unie (NASU) het sy span aangekondig wat vandeesmaand die res van Suider-Afrika by die 2020 CANA Streek 4-kampioenskap in Gaborone, Botswana gaan uitdaag.

Vier-en-twintig swemmers is gekies wat die land van 20 tot 23 Februarie teen Angola, Botswana, Comore, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Seychelle, Suid-Afrika, Swaziland, Zambië en Zimbabwe sal verteenwoordig.

Die Namibiërs het verlede jaar puik presteer om tweede ná Suid-Afrika op die medaljelys te eindig, toe hierdie kampioenskap by die munisipale swembad in Olympia aangebied was. Die RSA was boaan met 81 medaljes (35 goud) teenoor Namibië se 86 medaljes (28 goud) en Mauritius se 47 medaljes (15 goud).

Namibië se topswemmers het ook met drie van die agt ludorum-toekennings vir die kampioenskap weggestap.

Heleni Stergiadis was die victrix ludorum vir die meisies 15-16 jaar ouderdomsklas, terwyl José Canjulo die victor ludorum-prys vir seuns 13-14 gekry het.

Spankaptein Ronan Wantenaar het selde sy gelyke teëgekom tussen die seuns van 17 jaar en ouer en was as die senior victor ludorum aangewys.

Te danke aan die voordeel as aanbieder op hul tuiswerf, het Namibië verlede jaar 40 swemmers in die veld gestoot.

“Om vir die reis na Botswana in aanmerking te kom, moes al ons swemmers kwalifiserende tye behaal. Ons swemmers het lang ure van harde werk, fokus en toewyding ingesit. Ons weet hulle is goed voorbereid om Namibië met trots te gaan verteenwoordig,” sê NASU se skakelbeampte, me. Nicky McNamara.

Die span word deur Jean-Michael Leitner as afrigter en Theresa Westerduin as spanbestuurder vergesel.

McNamara voeg by: “Die meeste van hierdie kampioen­skappe se koste word deur die swemmers gedra, wat dit duur en moeilik maak om by te woon. NASU spreek dus sy waardering uit teenoor Sanlam Namibië vir hul skenking, asook vir die harde werk van ons spanbestuurder Theresa wat verseker het dat almal se reisdokumente in orde is.”

Die Namibiese toerspan is:

MEISIES: Ariana Naukosho (11-12 jaar), Michaela Ohm (11-12), Reza Westerduin (11-12), Mackenzie Späth (13-14), Maya Stange (13-14), Salomé Rey (13-14), Tiana Esslinger (15-16), Trisha Mutumbulua (15-16), Nicole Redecker (15-16), Vicky Botha (17 en ouer), Heleni Stergiadis (17 en ouer).

SEUNS: Oliver Durand (11-12 jaar), Kgosana Hekandjo (11-12), Nico Esslinger (13-14), Quinn Ellis (13-14), Oliver Ohm (13-14), Brave Magongo (13-14), Mikah Burger (15-16), Keanet-Peter Rathenam (15-16), Friedrich Setz­korn (15-16), Corné le Roux (17 en ouer), Matthew Gertze (17 en ouer), Arkell Wellmann (17 en ouer), Daniel (Dentie) Louw (25 en ouer).

• José Canjulo is waarskynlik die mees opvallende afwesige swemmer in die Namibiese groep. Hy gaan glo tans in Pretoria skool en volg daar 'n oefenprogram by Tuks se sportsentrum vir uitnemendheid. Cajulo berei hom voor om binnekort aan die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap deel te neem.

• Die 2019 CANA-kampioenskap in Windhoek het ook waterpolo en oopwater­swem (by Oanobdam) as deel van die program gehad, maar hierdie dissiplines sal vanjaar op afsonderlike tye en plekke plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A