Kleinflamink vlieg amper 1 000 km ver
Die kuikens is by die droë dam deur hul ouers agtergelaat en het begin dehidreer en verhonger.
Tanja Bause - Een van die kleinflaminke wat aan die begin van die jaar as ’n kuiken van die dorre Kamfersdam naby Kimberley in Suid-Afrika gered is, het dié naweek sy opwagting op Lüderitz gemaak.
Die flamink het meer as 976 km afgelê om Lüderitz te bereik.
Volgens dr. Jessica Kemper, pikkewynnavorser en -kenner van Lüderitz, het sy die kleinflamink met die nommer 0317 Saterdagoggend die eerste keer by First Lagoon gesien.
“Ek het hom Maandagnamiddag weer gesien, dié keer by Second Lagoon,” het sy gesê.
Flamink 0317 was deel van ’n groep voëls wat op 8 Mei by Kamfersdam vrygelaat is.
Kamfersdam
In Januarie is honderde kuikens van die opgedroogte Kamfersdam, ’n mensgemaakte riooldam en een van die belangrikste teelplekke van die kleinflamink in suidelike Afrika, gered.
Weens te min reën, hoë temperature en gebreekte infrastruktuur het die Sol Plaatjie-munisipaliteit baie min water in die dam gepomp gepomp.
Die kuikens is uiteindelik deur hul ouers agtergelaat en het begin dehidreer en verhonger.
Hulle is na verskeie voëlrehabilitasiesentrums in Suid-Afrika geneem, gerehabiliteer en in Mei weer by Kamfersdam vrygelaat.
“Daar is tans baie jong kleinflaminke op Lüderitz. Maandag het ons 94 by Second Lagoon getel,” het Kemper gesê.
“Ons het Vrydag ook ’n kleinflamink ontvang, wat op ’n plaas by Keetmanshoop gevind is. Ná ’n goeie nagrus was die flamink die volgende dag gereed om vrygelaat te word. Ek het hom by Second Lagoon gaan vrylaat, waar hy onmiddellik by die ander sowat 60 kleinflaminke en ’n hele paar grootflaminke aangesluit het.”
“Die flamink het nie ’n ring aan nie, maar dit is wel moontlik dat hy ook van Kamfersdam af kom. Baie van die flaminke wat daar gered is, is gering, maar daar was ook talle wat weggevlieg het voor hulle gering is,” het Kemper gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie