Kleinspan leer ook hoe by RASSPL
Hengel
Die Rock & Surf Super Pro League (RASSPL) se tweede hengeldag vir kinders is onlangs by Myl 8 gehou.
Die doelwit van die Kiddies Challenge is om die kleintjies te inspireer en al die aandag op hulle te bestee en die boodskap van die bewaring van alle vis deur terugplasing tuis te bring.
Pa en ma gaan saam, maar alles gaan oor die kinders en net hulle mag hengel. Vanaf twee- tot tienjariges het vir die groot kompetisie opgedaag – altesame 29 deelnemers.
Volgens die RASSPL se reëls mag geen vis gehou word nie en moet vrygelaat word. Dié takie het die kinders sorgvuldig uitgevoer deur die visse lewendig te hou en self terug in die water te plaas.
Die kleintjies se opgewonde gesiggies nadat hulle ’n vis gevang het, was ’n hoogtepunt vir die organiseerders.
Danksy Tline, Rhodes en Woermann & Brock is ons vir elke hengelaar ’n pakkie met lyn geskenkies en eet en drinkgoed gemaak. Geen hengelaar is leëhand huis toe nie.
’n Goeie verskeidenheid spesies – nege – is uitgetrek, naamlik spotties, babers, skaamhaaie, spierhaaie, kabeljou, kolstert en galjoene, vingerfin, en ’n krap.
Goue, silwer- en bronsmedaljes is aan die wenner uitgegee en elkeen het ook ’n sertifikaat gekry. Sertifikate is ook oorhandig as erkenning aan elke hengelaartjie wat deelgeneem het.
Die lengte van die swaarste visse was: Kolstert – 38 cm; kabeljou – 70 cm; skaamhaai – 52 cm; baber – 40 cm; galjoen – 35 cm; spier – 58 cm; spotty – 157 cm.
Die voorste hengelaars van die dag was:
SEUNS
1 Aiden van der Westhuizen (twee jaar oud) – vyf spesies (kolstert, baber, kabeljou, galjoen, klipvis).
2 Rudi Swartz (tien jaar oud) – vier spesies (sandhaai, baber, skaamhaai, galjoen)
3 J.C. van Zyl (vyf jaar oud) – vier spesies (kolstert, kabeljou, galjoen, klipvis).
MEISIES
1 Arienca Janse van Rensburg (sewe jaar) – vier spesies (baber, skaamhaai, klipvis, galjoen).
2 Megan Honiball (vier jaar) – vier spesies (kabeljou, skaamhaai, galjoen, spotty).
3 Gabriella Strappazzon (vyf jaar) – twee spesies (klipvis, galjoen).
En daar byt ’n spotty aan Megan Honiball se lyn wat haar amper die see intrek. Sy het getrek en gespook en vir pappa Morné gesê die haai wil nie uitkom nie. Pa moes maar net help om die haai uit te trek, anders sou die spotty van 20 kg haar dalk die see intrek.
Die spotty is nie vir haar toegeken nie nadat Melanie en Morné besluit het dit sou nie regverdig in die kompetisie wees nie, maar dat dit “haar vis” was, bly ’n feit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie