Kleinste kat ter wêreld in Namibië gevind
’n Span van drie navorsers van die skaars swartpootwildekat het onlangs op vier van dié katte afgekom.
Denver Kisting – Die laaste keer toe dié kiets in wetenskaplike letterkunde in Namibië voorgekom het, was in 1934.
Sedert verlede Vrydag het ’n span van drie navorsers op niks minder nie as vier van dié katte afgekom.
Dr. Morgan Hauptfleisch, ’n dosent aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), sê hulle het kort voor middernag op 25 Januarie die eerste swartpootkat gekry.
Dit was ’n mannetjie van ongeveer ses maande oud, wat hulle by Gondwana se Visriviercanyon-park gekry het.
Die ander drie swartpote is op ’n plaas naby Grünau, sowat 60 km verder, gevind.
Dié diere was twee volwasse wyfies en een jong, maar volwasse mannetjie.
“Dit is die kleinste kat ter wêreld. Dis ’n verskriklike skaars dier,” vertel Hauptfleisch gistermiddag in sy kantoor.
Hulle het telkens voor hulle ’n kat gevind het, besef hulle moet naby wees weens die teenwoordigheid van die swartpootkat se gunstelingdis, die bakoormuis.
Volwasse swartpootkatte weeg tussen 1,2 kg en 1,8 kg en daar is tussen twee en drie katjies in ’n werpsel, vertel hy.
Nie net is dié kat baie sku nie, maar die getal bestaandes is ook baie klein, sê hy.
“Sy internasionale klassifikasie is weerloos.”
Naas Hauptfleisch was die wêreldkenner op die gebied van skaars klein katte, dr. Alex Sliwa, van Duitsland ook deel van dié sending.
Die ander lid was me. Martina Küsters, wat ’n meestersgraad verwerf het in waar die swartpootwildekat moontlik in Namibië voorkom.
Verskeie boere het oor die jare sedert die 1930’s vertel hulle het die kat gesien, maar niemand het dit geboekstaaf nie.
Trouens, dit blyk die foto’s, wat Hauptfleisch en sy span die afgelope week geneem het, is die algehele eerstes vir Namibië.
Hy sê die presiese aantal swartpootwildekatte is onduidelik. “Deel van die sending was om ’n gevoel te kry van hoeveel daar is.”
Dat hulle met goeie toerusting net vier kon opspoor, is ’n aanduiding van hoe min van dié katte daar is.
Sover bekend kom die katte net in Namibië en in dele van Suid-Afrika se Noord-Kaap-provinsie voor.
Hulle was baie opgewonde oor die jong mannetjie, wat hulle eerste gevind het, vertel Hauptfleisch.
Dít is omdat sy ouderdom beteken het ’n paartjie – sy ouers – kon nie te ver wees nie. Hulle het egter nie sy ouers opgespoor nie.
Hauptfleisch en sy span beoog om aansoek te doen om permitte sodat hulle fyner navorsing op dié rare diere kan doen.
Onder meer beplan hulle om die diere se gedragspatrone te bestudeer.
Hulle beplan voorts ook om genetiese studies op die katte te onderneem.
Volgens hom gaan die voortleef van die spesies baie afhang van “wat ons hier in Namibië doen”.
Oor die agt nagte het hulle tussen 80 en 100 km per aand afgelê.
“Ek moet nou herleer om saans te slaap nadat ons elke aand tussen 21:00 en 03:00 katte dopgehou het,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie