Kleurblind Wade gereed vir pienk bal
Krieket
Australië se kleurblind paaltjiewagter, Matthew Wade, glo vas hy is slaggereed vir vandeesweek se dagaandtoets teen Suid-Afrika, al sukkel hy om die pienk krieketbal onder spreiligte te sien.
Wade, wat in die Sheffield Shield-reeks vir Victoria speel, vervang Peter Nevill in een van ses veranderinge aan die Aussie-groep vir die derde toets wat môre in Adelaide begin. Die Proteas hoop om skoonskip in die reeks te maak ná sy klinkende seges in Hobart en Perth.
Wade, wat drie jaar gelede uit die toetsspan gepos is weens sy swak spelpeil agter die penne, het erken sy sigprobleem maak dit vir hom moeilik om die pienk bal onder spreiligte te sien, maar vertrou hy sal aanpas.
“Ek het verlede jaar in die Shield-reeks in ''n pienkbalwedstryd op die Adelaide Oval gespeel, so dit sal interessant wees om te sien wat dit in die toetsarena doen. “Jy moet net daaraan gewoond raak. Ek kan die kleur van die bal sien, ek sukkel net met tye om die diepte te skat van waar die bal kom. Dit kan nie ''n kwessie wees nie, ek moet dit net uitwerk,” het die paaltjiewagter gesê.
Wade, wie se vaardigheid met die kolf ''n groot rol gespeel het in sy terugkeer na die span, sê hy vind dit deesdae makliker om met die pienk bal saam te leef as toe dit in die 2013-''14-seisoen vir die eerste keer in die Sheffield Shield-reeks op die proef gestel is.
“Ek is seker nou meer gewoond daaraan. Hoe meer jy daarmee speel, hoe meer raak jy daaraan gewoond, maar die bal verbeter ook elke jaar,” het Wade gesê.
Chris Rogers, ''n voormalige Aussie-toetskolwer wat ook kleurblind is, het in 2014 hom aan ''n wedstryd onttrek waarin die pienk bal getoets is. Australië bevind hom in ''n krisis ná vyf agtereenvolgende toetsnederlae en is desperaat om die Proteas te verhoed om die eerste toerspan te word om skoonskip te maak in ''n reeks Doer Onder.
Die Aussie-groep is:
Steve Smith (k), Jackson Bird, Peter Handscomb, Josh Hazlewood, Usman Khawaja, Nathan Lyon, Nic Maddinson, Matt Renshaw, Chadd Sayers, Mitchell Starc, Matthew Wade, David Warner. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie