Kleuterskole, dagsorgsentrums open 1 Februarie
Kleuterskole, dagsorgsentrums open 1 Februarie

Kleuterskole, dagsorgsentrums open 1 Februarie

NAMPA
Die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn sê alle vroeë kinderontwikkelingsentrums (ECD's), ingesluit dagsorg­sentrums, crèches, kindertuine, kleuterskole en voorskoolse sentrums open op 1 Februarie vir aangesig-tot-aangesig-onderrig.

Volgens 'n verklaring deur die ministerie sal dit voortgaan om sulke sentrums se status in ooreenstemming met die maatreëls om die moontlike verspreiding van Covid-19 aan te pas.

Die aankondiging volg nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur die aanvang van aangesig-tot-aangesig-onderrig vir die 2021-skoolkalender tot 26 Januarie aangeskuif het.

Volgens laasgenoemde minister, me. Anna Nghipondoka, is hierdie uitstel weens die stygende aantal Covid-19-gevalle en die nasionale impak daarvan.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vroeër gesê daar is steeds 'n toenemende aantal gevalle onder leerlinge en onderwysers, sowel as studente, ten spyte van die feit dat hulle met vakansie is. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!