Klimaatslim-landbou nodig vir voedselsekuriteit
Die minister van landbou, water en bosbou sê Namibië is geklassifiseer as een van die lande met die grootste risiko's vir landbouverliese.
Ellanie Smit - Met 70% van die land se bevolking wat direk of indirek van landbou afhanklik is rakende kos, inkomste en lewensbestaan, moet “klimaatslim”-landbou bedryf en bevorder word.
Dít is gister benadruk deur die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, in sy toespraak by die konferensie oor die huidige status van volhoubare natuurlike hulpbronnebestuur en maniere om die potensiaal van bioëkonomie te ontsluit.
Die konferensie, wat deur die Hanns Seidel-stigting georganiseer is, het gister in die hoofstad plaasgevind.
!Naruseb het gesê klimaatsverandering word as een van die wêreld se grootste ontwikkelingsuitdagings in die 21ste eeu geag, en hou ernstige bedreigings vir die omgewing en menselewens in.
“Klimaatsverandering ondermyn ontwikkelingsdoelwitte vir landelike ontwikkeling, armoedeverligting en voedselsekuriteit.”
Hy het genoem dat die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC) en die Parys-klimaatsverdrag op internasionale vlak verskeie risiko's takel.
Voglens !Naruseb dui die voortdurende, uiterste weersomstandighede soos vloede en droogtes, wisselvallige reënvalpatrone, asook stygende temperature op die land se weerloosheid teen klimaatsverandering.
“Namibië is geklassifiseer as een van die lande met die grootste risiko's vir landbouverliese.”
Hy het beklemtoon dat klimaatbestande benaderings en verantwoordelike landboubeleggings gemaak moet word om produktiwiteit en verhoogde opbrengste te bevorder.
“Sowat 70% van die land se bevolking is direk of indirek van landbou afhanklik rakende kos, inkomste en lewensbestaan."
!Naruseb het gesê tradisionele landbouaktiwiteite moet 'n benadering van “klimaatslim-”landbou aanneem. Volgens hom gaan dit nie net help om boere teen erge impak van klimaatsverandering te beskerm nie, maar ook kweekhuisuitlaatgasse verminder, asook landbouopbrengste en huishoudelike inkomste verbeter.
Agribank se uitvoerende hoof, mnr. Sakaria Nghikembua, het gesê met die ekonomie in 'n erge resessie, vereis dit 'n vernuwing in verskeie sektore, met landbou wat 'n aansienlike bydra tot groei kan lewer.
Hy het gesê meerjarige droogtes is die norm in Namibië, en sedert 1990/91 tot 2018/19 is nege droogtes in die land verklaar.
Nghikembua het gesê landbou se bydrae tot indiensneming daal mettertyd, terwyl die finansiering van die landbousektor toeneem.
NLU
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het in 'n voorlegging daarop gewys dat primêre landbou die sleutel is om die ekonomie te begin.
“Groei begin op plaasvlak en sal slegs plaasvind as dit winsgewend is. As primêre produksie vernietig word, disintegreer die totale waardeketting. As N$1 in primêre landbou belê word, word N$3 tot N$4 in die totale ekonomie gegenereer. Primêre produksie het verlede jaar N$7,5 miljard kontant opgelewer,” het die NLU gesê.
Verskillende groeistrategieë is nodig vir netto uitvoerders teenoor netto invoerders.
Die NLU het gesê dat die sektor dringende ondersteuningsaksies benodig om te verseker dat primêre produsente ná die rampspoedige droogte herstel.
"Ons moet die balans tussen gras en bosse op ongeveer 45 miljoen hektaar weiveld herstel om die impak van klimaatsverandering te verminder."
Die NLU het bygevoeg dat 'n gesonde, produktiewe, primêre landbousektor in Namibië landelike werksgeleenthede skep, die migrasie van landelike na stedelike gebiede verminder, en werksgeleenthede in die res van die waardeketting vermenigvuldig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie