Klimaatverandering kan tot warmer, droër Namibië lei
Indien aardverhitting sy gang onverpoosd voortsit, kan Namibië in die uiterste geval oor 50 jaar gemiddeld 6° Celsius warmer wees en kan die Suide tussen 30% en 40% minder reën verwag, terwyl die Noorde 20% minder reën kan kry.
Só sê prof. Hannes Rautenbach, ’n meteoroloog en hoof van die Universiteit van Pretoria se departement van geografie, geoïnformatika en meteorologie. Hy het in Oktober tydens die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Namibië Akkerbouraad (NAB) se 2014 Landbou Vooruitskouingskonferensie oor weervooruitsigte vir Namibië aan die hand van klimaatveranderinge gepraat.
Rautenbach sê kragte soos temperatuurverskille tussen die ewenaar en pole en die omwenteling van die aarde reguleer die beweging van atmosferiese massas. Wetenskaplikes gebruik rekenaarmodelle om dié kragte te simuleer en die weer te voorspel.
Volgens Rautenbach sal bogenoemde kragte nie maklik toelaat dat die aarde se klimaat hand uit ruk nie. “Die klein bietjie hitte wat deur ekstra koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak word, sal nie drastiese veranderinge veroorsaak nie.”
Rautenbach sê ’n sekere weerstoestand domineer suidelike Afrika en Namibië en dwing lug afwaarts. “Dit is ook onwaarskynlik dat dié weerstoestand deur aardverhitting versteur word.”
“Die oorheersende afwaartse beweging van lug beteken egter dat reën hier meestal onwaarskynlik is en droogte ’n algemene verskynsel sal wees. Reën in dié streek, eerder as droogte, moet as ’n afwyking beskou word,” sê Rautenbach.
In die wintermaande oorheers ’n hoëdrukstelsel suidelike Afrika, maar vanaf Oktober lê ’n laedrukstelsel oor Angola wat sy vog uit die Indiese Oseaan ontvang. Dit is ook hierdie stelsel wat hoofsaaklik vir reën in Namibië verantwoordelik is. Tydens die warmer maande styg warm lug oor suidelike Afrika op en trek dit vog van hierdie laedrukstelsel, wat veral vir reën in die noorde van Namibië sorg. Volgens Rautenbach sal hierdie laedrukstelsel ook nie drasties deur aardverhitting omvergegooi word nie.
Rautenbach sê die voorspelling van hoe aardverhitting weerstoestande in Namibië sal beïnvloed, hang af of die mensdom die vrystelling van koolstofdioksied gaan kan verminder of nie. Daarom word ’n ekstreme voorspelling gegee ingeval ons misluk, maar ook ’n gematigde voorspelling indien ons dit kan verminder.
Indien huidige toestande onverpoosd voortduur, meen wetenskaplikes dat tot 8,5 Watt hitte per vierkante meter tot die atmosfeer bygevoeg sal word, terwyl die gematigde voorspelling net 4,5 Watt hitte is.
“Hitte moenie met temperatuur verwar word nie – dit is ’n vorm van energie en word in Watt per vierkante meter gemeet.”
Aardverhitting sal ons reënvalsyfers beïnvloed en die ekstreme voorspelling is dat die sentrale dele gemiddeld ses grade warmer kan word. Rautenbach se gematigde voorspelling is dat Namibië oor 50 jaar 10% tot 15% minder reën per jaar kan ontvang.
“Die meer ekstreme voorspelling is 30% tot 40% minder reën vir die Suide en tot 20% minder reën in die Noorde. Alle reën gaan dus nie verdwyn nie en omdat die Suide reeds min reën ontvang, maak 30% tot 40% minder reën dalk nie so ’n groot verskil nie,” sê Rautenbach.
Rautenbach sê aardverhitting kan oor 50 jaar ook meer reën oor die Atlantiese Oseaan in Desember tot Mei veroorsaak. Boonop sal die Namibiese reënseisoen waarskynlik later begin kom en kan natter toestande in Maart tot Mei verwag word. Dit beteken die gewone reënseisoenmaande kan moontlik droër wees, met meer reën in die winter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie