Kliu00ebnte skuld Rehoboth meer as N$185 m.
Kliu00ebnte skuld Rehoboth meer as N$185 m.

Kliënte skuld Rehoboth meer as N$185 m.

Denver Kisting
Denver Kisting – Inwoners, besighede en regeringsinstellings skuld die Rehoboth-dorpsraad meer as N$185 miljoen vir gelewerde dienste.

So sê die dorpsraad se woordvoerder, me. Desire Theunissen.

Dit kom nadat die uitvoerende hoof, mnr. Simeon Kanime, Sondag gesê het die dorpsraad skuld NamPower tans ongeveer N$120 miljoen vir krag.

Hy het gesê hulle is tans N$3 miljoen verskuldig aan die nasionale watervoorsiener, NamWater.

Kanime sê dié skuld is reeds N$27 miljoen minder as 30 maande gelede.

Die finansiële bestuurder, mnr. Zeino Theron, het gesê daar is tans 4 000 defektiewe kragmeters, waarmee inwoners krag steel.

Dít is een van die faktore wat die dorp se finansiële selfversorging belemmer, het Theron gesê.

Hy het erken daar is ’n agterstand met die voorlegging van die dorpsraad se finansiële state aan die ouditeur-generaal.

Kragkwellinge

Theunissen het Dinsdag gesê hulle is bewus van die skade aan hul kraginfrastruktuur.

Sy sê hulle skenk aandag aan dié probleme.

Omdat amper alle infrastruktuur hierdeur geraak word, word die spoed waarteen hulle herstelwerk kan doen, belemmer, sê sy.

’n Inwoner het vroeër vandeesweek gekla oor die gevare van kragdrade wat ontbloot lê.

Theunissen sê die onlange reënbuie het ook skade aangerig.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!