Klipgooiery op die grens
Klipgooiery op die grens

Klipgooiery op die grens

Augetto Graig
Augetto Graig - Die Namibiese polisie het ’n voorval van klipgooiery en onrus Dinsdagoggend by die Katima Mulilo grenspos met Zambië bevestig.
Volgens Nampol se hoofwoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het lede van die mag omstreeks 10:30 ’n groep jong Zambiërs aangetref wat aan die Namibiese kant van die grens kleinhandel bedryf het.
Sy sê die jongmense het die polisiebeamptes met klippe bestook toe hulle gevra is om na Zambië terug te keer.
“Die situasie het vererger totdat een Nampol-beampte van sy weerkaatsende baadjie beroof is en nog ’n vrouebeampte geval het. Nog ’n polisiebeampte het ’n waarskuwingskoot afgevuur en haar gered. Die situasie het verder vererger en dit word beweer dat ’n Zambiese beampte ook met sy AK-17 een waarskuwingskoot geskiet het,” sê sy.
Drie Zambiese burgers (twee mans en ’n vrou) is tydelik deur die Namibiese polisie met hul koelboks en ander goedere aangehou nadat hulle aan die Namibiese kant skuiling gesoek het, maar is later weer aan die Zambiese owerhede oorhandig, sê sy.
Nampol se hoofkantoor wag nog op ’n volledige verslag, het Shikwambi gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!