Klipmanne verenig mensdom

Tanja Bause
Frank Steffen



Die eerste Namibiese bywoning by die La Biennale di Venezia skep groot geleenthede vir die land asook die wêreld.

Dis die opinie van dr. Marco Furio Ferrario, die kurator van die Namibiese paviljoen. Dit is die eiland La Certosa wat voor Venesië lê. Jy kan meer daaroor lees op die webtuiste biennalenamibia.art, wat deel van die kuns-ekspo se webblootstelling vorm.

Toe die president van die biënnale, Roberto Cicutto, in sy aanlyn opening die wêreld uitgedaag het om betrokke te raak by ’n “dialoog deur kuns”, het hy in wese herhaal wat Ferrario spesifiek vir die Namibiese paviljoen beoog het.

Ferrario se liefde vir Namibië is duidelik. “Wanneer ek die unieke Namibiese beeldhouwerke sien, “The Lone Stone Men of the Desert”, sien ek verskillende mense van oraloor die wêreld in Namibië saamkom om ’n byeenkoms as gelyke vennote by te woon met die doel om die menslike rol in die wêreld te heroorweeg.

Waar hulle aanvaar hulle moet bymekaarkom om die pad vorentoe te bespreek in ’n poging om die skade wat mense aan die planeet aangerig het, om te keer.

Watter beter plek is daar nie as hierdie afgeleë maar pragtige plek in die woestyn, waar ’n nuwe begin bepaal moet word nie?”

Namibië behoort die middelpunt van die wêreld te word, waar ’n nuwe begin oorweeg word.

Hy het verduidelik daar is wêreldwyd ’n nuwe tendens dat “kuns op sigself belangriker is as die kunstenaars as mense”, wat al jare lank van toepassing op die “Klipmanne van die Kaokoveld” is.

“Mense wie se uitsluitlike doel dit is om die naam van die kunstenaar uit te vind of wat dit ken en dit daarom bekend maak, verstaan nie die ware vorm van kuns wat daarop gemik is om ’n boodskap te stuur nie. Hulle ignoreer die wens van die kunstenaars om nie in die pad te staan van die boodskap wat hulle geskep het nie.”

Ferrario is opgewonde oor hierdie nuwe benadering, waar kuns deel is van ’n groter omgewing. “Dit het nog nie ’n naam nie en kan dalk lei tot ’n nuwe kunsgenre.”

Die uitstalling sal 80 nasionale deelnemers by die historiese paviljoene in die Giardini, Arsenale en ander prominente plekke in die middestad van Venesië huisves.

Vyf lande neem vir die eerste keer deel, naamlik Namibië, Nepal, Kameroen, Oman en Uganda. Die biënnale word deur miljoen mense besoek en dit is deur dié kulturele uitruiling dat Ferrario verwag dat Namibië verwelkom sal word in die groep van lande wat sosio-politieke verhoudings en “kulturele toerisme” bevorder.

Die Venesiese biënnale sal Saterdag 23 April afskop en tot 27 November duur. Ferrario was aktief betrokke by die geldinsameling vir ’n uitstalling wat geweldig duur gaan wees met beelde wat herskep word, ander alleenstaande beelde wat tot ’n hoogte van vyf meter gebou word, asook verskeie ander visuele en sensoriese uitstallings. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!