KLM land op Hosea Kutako

KLM AirFrance se Airbus A330-200 sal drie keer ''n week tot 243 passasiers op ’n keer tussen Windhoek, Luanda en Amsterdam vervoer.
Augetto Graig
Augetto Graig - KLM Air France se eerste vlug uit Amsterdam het gister van Luanda op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako oos van Windhoek geland.

Die aankoms van die Airbus A330-200, wat 243 passasiers op ''n slag kan vervoer, is die nuutste suksesstorie vir die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) wat hard werk om meer roetes en vlieggeleenthede vir die plaaslike mark beskikbaar te maak.

NAC se raadsvoorsitter, mnr. Rodgers Kauta, het gesê die aankoms van KLM is nog ''n geleentheid om Namibië as toeristebestemming en sakereise aan die lugredery se wêreldwye kliënte te bemark.

Op sy buurt het die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, namens sy minister, mnr. Alpheus !Naruseb, gepraat van die geskiedkundige betrekkinge tussen Namibië en Nederland. Hy hoop die aankoms van die eerste vlug is die eerste tree om die betrekkinge te omskep na een van handel, ekonomie en belegging.

“Lugverbinding kan ons aanloklikheid net verbeter en Namibië na ''n internasionale sake- en logistieke sentrum verander,” het hy gesê.

KLM se senior adjunkpresident vir Afrika, mnr. Frank Legre, het gesê die vlug is ''n mylpaal vir die lugredery wat nou elf bestemmings in Afrika en vier in Suider-Afrika diens, asook altesaam 48 in Afrika deur middel van sy vernootskap met die KLM AirFrance-groep. Hy is veral verheug oor die nuwe geleentheid om oornag na sy middelpunt in Schiphol, Amsterdam, te vlieg, wat nie net toeriste sal lok nie, maar ook goed is vir beleggers wat na Namibië wil reis, sê hy.

"Sedert die vlug op 22 Augustus bemark is, kon KLM binne twee weke spog met vol vlugte. Tans het KLM reeds 5 000 besprekings om tussen November en Maart 2017 na Namibië te vlieg, met nog 9 000 besprekings vir hul volgende somerseisoen van April volgende jaar af," sê Legre.

"Boonop het hul eerste vlug ook sowat tien reisoperateurs en -agente gebring om self te ervaar wat Namibië sy kliente kan aanbied. Die feit dat die vlug om 17:45 van Windhoek vertrek en 05:15 die volgende oggend in Amsterdam land, beteken passasiers kan maklik koppelvlugte haal na verdere bestemmings oral in die wêreld en veral in Europa," sê hy. KLM sal drie keer ''n week - Maandae, Woensdae en Saterdae - van Windhoek op die nuwe roete vertrek.

Die ambassadeur vir Nederland in suidelike Afrika, me. Marisa Gerards, het die lugredery geluk gewens omdat dit Namibië se potensiaal raakgesien het. Sy was ook vol lof vir die Namibiese regering wat vinnig reëlings getref het en die BASA-ooreenkomste tussen lande, lughawens en lugredery onderteken het om die nuwe roete in werking te stel. Sy glo die direkte koppeling tussen Windhoek en Amsterdam sal nie net vir toeriste goeie nuus wees nie, maar ook handel en beleggings tussen die twee lande sal aanmoedig, veral ten opsigte van water- en logistieke projekte.

“Ek is trots om as ambassadeur hier te wees en verheug om ons eie blou vlerke vir die eerste keer hier te sien land,” het Gerards gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!