KLM vlieg eersdaags na Windhoek
Namibië word redery se 12de bestemming in Afrika
Die Nederlandse lugredery, KLM (Koninklijke Luchtvaart Maatschappij), sal vanaf 30 Oktober na Windhoek vlieg.
’n Ooreenkoms in dié verband is onlangs in Swakopmund deur mnr. Cedric Limbo van die Namibiese ministerie van werke en vervoer en dr. Jeroen Mauritz van die Nederlandse direktoraat burgerlugvaart onderteken.
Volgens ’n verklaring van KLM is besluit om die redery se geskeduleerde vlugte na Afrika uit te brei en die bestaande skedule na Luanda in Angola sal aangepas word sodat Windhoek ook ingesluit word.
Die vlugte sal op Dinsdae, Vrydae en Sondae om 22:45 uit Amsterdam vertrek en op Maandae, Woensdae en Saterdae om 08:45 in Luanda en om 12:15 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako oos van Windhoek land.
Die vlugte vertrek weer om 17:40 uit Windhoek onderweg na Luanda, waar dit om 19:15 sal aankom. Vandaar vertrek dit om 20:40 en kom om
05:20 die volgende oggend in Amsterdam aan.
“Gegrond op ons sterk posisie in Europa, probeer ons gereeld geleenthede vind om ons internasionale spoor te versterk,” het KLM se hoof uitvoerende beampte, mnr. Pieter Elbers, gesê.
Die redery het vanjaar ook sy bestemmings na Noord-Amerika uitgebrei en vlieg nou ook na Salt Lake City en Miami. Voorts is Colombo in Sri Lanka en Astana in Kazakstan ook nuwe bestemmings vir die redery.
KLM vlieg nou weekliks 55 vlugte na bestemmings in Afrika.
Volgens die verklaring lê KLM se krag in die sterk wêreldwye netwerk wat saam met vennote opgebou is. Passasiers is in staat om vinnig en maklik aansluitingsvlugte op Schiphol-lughawe, KLM se basis van operasies, te kry en toegang tot enige bestemming wêreldwyd is moontlik.
“Wanneer KLM sy netwerk uitbrei, word veral aandag aan ontwikkelinge in ‘n besondere streek of 'n land se ekonomiese situasie en die toerismebedryf gegee, wat geleenthede vir winsgewende groei bied.
“Sedert die Europese somer van 2016 vlieg KLM nou na 145 bestemmings waarvan 68 lang- en 77 mediumafstand-vlugte is,” lui die verklaring.
Windhoek is KLM se 12de bestemming in Afrika. Die redery vlieg reeds na Luanda, Johannesburg, Kaapstad, Nairobi, Kilimanjaro en Dar es Salaam, Entebbe, Kigali, Lagos, Accra en Kaïro. In samewerking met vennootrederye kan 56 bestemmings in Afrika bereik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie