Klok tik vir Google se onbillike soekenjin
Google moes gister (Dinsdag) aan die Europese Kommissie, die uitvoerende gesag van die Europese Unie (EU), verduidelik hou hy gaan voldoen aan ’n bevel om soekuitslae billik te maak teenoor mededingers.
Die EU se liggaam wat teenmededingende gedrag ondersoek, het in Junie die grootste boete tot nog toe, van €2,4 miljard, aan Alphabet, die soekenjin se moedermaatskappy, opgelê ná ’n ondersoek wat sewe jaar lank geduur het.
Die ondersoek het gegaan oor Google Shopping, ’n prysvergelykingsdiens, en sy voorgangers, Froogle en Google Product Search. Google se soek-algoritmes is só opgestel dat dit resultate van Google Shopping eerste gegee het, wat effektiewelik die lewe vir ander prysvergelykingsdienste moeilik gemaak het.
Die Europese Kommissie se navorsing toon dat mense bloot op die eerste paar opsies klik wanneer soekresultate opduik.
Volgens die kommissie het Google se gedrag mededinging onderdruk, “wat Europese verbruikers van werklike keuse en innovasie ontneem het”.
Die kommissie het Alphabet einde Junie 60 dae gegee om te wys wat hy gaan verander. Dié 60 dae loop vandag ten einde. Ná vandag het Alphabet nog 30 dae om veranderings aan te bring.
Die veranderinge moet op 28 September in werking gestel word, anders sal Alphabet met 5% van sy daaglikse inkomste beboet word vir elke dag wat hy nie aan die opdrag voldoen nie.
Boetes wat met Android-programmatuur te make het, kan ook ingestel word, asook boetes wat met die advertensiediens AdSense verband hou, het die EU volgens Bloomberg aangedui.
Margrethe Vestager, die EU se hoof teen teenmededingende gedrag, het ook gedreig dat Google se reis- en kaartdienste ondersoek gaan word.
Volgens die kommissie het hy nagenoeg 1,7 miljard soeknavrae, oftewel 5,2 terabyte se data, ontleed.
Google het ’n markaandeel van nagenoeg 90% in 31 lande in die EU.
Volgens Vestager het verkeer na mededingers met tussen 80% in Frankryk en 92% in Duitsland geval nadat Google sy algoritme in werking gestel het.
Die boete is die grootste wat die EU tot nog toe opgelê het. Ander groot boetes sluit in:
•Intel is in 2009 met €1 miljard beboet vir teenmededingende gedrag omdat hy geheueskyfies vir rekenaars teen ’n groot afslag verkoop het aan firmas soos Dell, HP, Acer en ander. Intel betwis nog die boete in die hof.
•Apple moes in 2016 €13 miljard se agterstallige belasting opdok omdat die Europese Kommissie gereken het Ierland se belastingvergunnings was te rojaal, berig The Guardian.
•Microsoft is in 2004 met €1,2 miljard beboet omdat hy buitensporige pryse gehef het vir mededingers wat sy Windows-sagteware wou gebruik. Microsoft is in 2006 en 2008 met nóg €497 miljoen beboet omdat hy nie gehoor gegee het aan die kommissie se opdragte nie.
•Ander tegnologiemaatskappye wat al in die kommissie se visier was, is Facebook, Amazon, Dell en SanDisk. - Netwerk24/Bloomberg/Europese Kommissie/The Guardian

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie