Klubperseel verfraai in sy nagedagtenis
Krieket
Andrew Poolman – Die aansig van die klubperseel van CCD Tigers (Centre for Cricket Development) in Pionierspark sal algaande anders begin lyk namate die klubbestuur vorder met die projek wat hulle aangepak het.
Op die perseel gaan 54 bome aangeplant word – een vir elke lewensjaar van wyle Dayanand (Dee) Thakur, die gewese nasionale krieketafrigter en oudspeler van CCD wat onlangs aan Covid-19 gesterf het.
Thakur, gebore in Guyana, het sedert 1996 in Windhoek gewoon en het oor die jare verskeie Namibiese ouderdomspanne, insluitend die o.19 Wêreldbekerspan, asook die nasionale Eagles afgerig. Met die landwye afrigtingsklinieke waarby hy ook betrokke was, is daar feitlik geen krieketspeler in die land wat hom nie geken het nie.
Mnr. Polly Negongo, president van CCD en visepresident van Krieket Namibië, sê die boomplantprojek is ter ere van Thakur wat ’n groot invloed op die klub se vooruitgang die afgelope jare gehad het.
“Ons is tans nog besig om geld in te samel. Ons wil ook ’n naambord oprig om die deurrit van die hek na die klubhuis tot Dee Thakur-rylaan te vernoem. Dee se insette het baie beteken vir krieket in die land.
“Ons het reeds goeie bydraes ontvang. Die koste van ’n boom beloop sowat N$400 en ons is reeds verby die halfpadmerk van die teiken waarna ons mik.”
Van die eerste boomspesies wat aangeplant gaan word, sluit in kareebome, Cape Ash, riviervaderlandswilg en wildepruimbome, met aankope wat by die plaaslike kwekery in Pionierspark gedoen word. Sommige gesinne wat die projek ondersteun, sal ook hul eie bome kom aanplant.
Belangstellendes wat wil bydra, kan Negongo (081 243 2505) of Louis Nortjé (081 332 3480) skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie