Klubs se kennisgewings
Klubs se kennisgewings

Klubs se kennisgewings

Andrew Poolman
WANDERERS OEFEN


Die rugbyklub FNB Wanderers se oefensessies vir die nuwe seisoen begin vanaand om sesuur by die klub se veld in Pionierspark. Die Wit Hingste en hul ondersteuners vier vanjaar die klub se honderdste bestaansjaar en hoop dus op 'n suksesvolle seisoen.

Hoofafrigter Vince Dreyer is aan die stuur met Dirk Human as hulpafrigter en PD Stoman wat die krag en kondisionering sal behartig. Rohan Kitshoff, gesoute Namibiese flank in drie Wêreldbekertoernooie, het in die afseisoen ook aangesluit om met die voorspelers hand by te sit.

• Wanderers het bekendgemaak dat hy op 22 en 23 Februarie 'n sewestoernooi sal aanbied. Alle plaaslike klubs is genooi om hul eerste of tweede spanne onder­skeidelik vir die beker- en skildafdeling in te skryf. Spanne van Suid-Afrika word ook by die geleentheid verwag. Navrae kan aan die voorsitter, mnr. Willem van Zyl, by sel. 081 496 4647 gerig word.



SUBURBS UIT DIE BLOKKE

Western Suburbs rugbyklub se amptelike oefenprogram vir die komende jaar begin vandag om 18:00 by die klubveld in Khomasdal. Belangstellende vrouespelers van 18 jaar en ouer is ook welkom om ter voorbereiding op die voorgenome vroueliga aan te sluit. Belangstellendes kan navrae aan Jacques Bock (081 129 8232) of Justin Nel (081 213 0376) rig.

• Datums op die plaaslike rugbykalender wat reeds vasgeknoop is:

7-8 Februarie: Trustco United se jaarlikse tienmanrugbydag.

28-29 Februarie: FNB Windhoek Sewes by die Hage Geingob-stadion. Die kategorieë is premierliga, reserweliga (die tweede spanne van premierliga-klubs), eersteliga en vroueliga.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!