Klubtoernooie hou spelers besig
Gholf
Die Omeya gholfklub het laas Vrydag sy jaarlikse PGA geldinsamelingstoernooi in die vorm van 'n syfer 3-uitdaging (Greenkeepers Revenge) aangebied.
Moeilike plasings van die pen het verseker dat dit moeilik was om punte te behaal, maar die deelnemende spelers het nietemin pret gehad.
Suzette Vermeulen het in die eerste posisie geëindig toe sy met 17 punte die uittel gewen het. Dit was dieselfde totaal as Zillan du Pisani (tweede) en Lukas Dreyer (derde).
Gielie van Wyk was vierde (15 punte) en Heinz Gilge vyfde met 14.
Houe naaste aan die pen het vir Gareth Howard (putjie 1) en Gielie van Wyk (putjie 8) pryse besorg.
• Saterdag was Omeya die gasheer vir nog 'n pretgevulde toernooi van gemengde parespel in die gewilde “American Scramble” formaat, wat deur die Namibiese Amateur Vrouegholfunie (Nalgu) aangebied is.
Dié formaat is 'n goeie bekendstelling vir nuwe spelers om aan te sluit en dit was verblydend om soveel nuwe gesigte op die baan te sien. Die span van Pieter Woest en Wilmari Walters het met 'n voorgee van nul gespeel en het 'n puik telling van tien houe onder baansyfer aangeteken om met die oorwinning vir die dag weg te stap.
André en Lezil van Zyl was tweede met 46 punte, dieselfde as Paul en Esther Verburg wat derde geplaas is. Arno and Caro du Plessis (45) het hul vierde posisie ook danksy 'n uittel voor George en Lydia Lumley (vyfde) beklink.
Pryse vir die houe naaste aan die pen is toegeken aan Jane Liebenberg (putjie 4) en Lydia Lymley (putjie 17).
BUITEKLUB
Die Windhoek Buiteklub het laas naweek die laaste van sy twee kompetisies vir die jaar in die Dulux beterbal stableford-reeks aangebied.
Die verfverspreiders borg die reeks waarin elke gholfklub landwyd kans kry met twee toernooie waar spelers vir die nasionale eindtoernooi kan kwalifiseer.
Altesame 27 spanne van twee elk was Saterdag in aksie. Die topspanne in die tweede ronde van die Buiteklub se Dulux-toernooie was:
1 Eldred Koopman en Chris Claassen (48 punte)
2 Wilfred Lohmann en Charlie Lohmann (44, uittel)
3 Melt van Schoor en Ian Wood (44)
Die borg het aangedui dat tien spanne van die Buiteklub sal deurdring tot die eindtoernooi wat op 31 Augustus by Omeya se baan gespeel gaan word.
Die merietelys sal ná die mees onlangse uitslae op datum gebring en die kwalifiserende spanne bekend gemaak word. 'n Span moes in beide toernooie saam gespeel het om 'n kans te staan om te kwalifiseer.
Die Buiteklub se onderkaptein, Gavin van Wyk, het al die deelnemers bedank vir hul ondersteuning. Die inskrywings was effens meer as in die eerste toernooi.
Tertius Myburgh het weggestap met die enkele prys wat op die spel was vir die hou naaste aan die pen by putjie 17.
• Komende Saterdag word 'n individuele medaljekompetisie geborg deur die klub aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie