Knew Hope-steenmaker uitgeskop
Die maatskappy se aansoek is al verlede jaar afgekeur.
Catherine Sasman
Die Rehoboth-dorpsraad het Knewhope Sand & Stone Enterprises (van New Hope Investments) met 'n uitsettingsbevel bedien en beveel om sy bedrywighede met onmiddellike effek te staak hangende 'n nuwe aansoek vir grond.
Die maatskappy, wat gesamentlik deur die Namibiër mnr. Rickie Maasdorp en die Namibiese Chinees mnr. Lei Zhang besit word, maak sedert Julie verlede jaar stene op 'n stuk gehuurde munisipale grond van vyf hektaar - vermoedelik uitsluitlik vir die voorsiening van stene aan die Chinese maatskappy Qingjian Construction om 'n skoolkoshuis te bou.
Die maatskappy het egter sy bedrywighede uitgebrei en stene aan die publiek begin verkoop.
Plaaslike baksteenmakers en omliggende landboubesighede het begin kla oor onregverdige kompetisie en die geraas wat glo deur die Knewhope-baksteenaanleg veroorsaak word.
Mnr. Chris /Uirab, die Rehoboth-dorpsraad se uitvoerende hoof, het 'n brief aan Knewhope geskryf waarin hy aanvoer 'n besluit is op 28 Augustus 2017 se dorpsraadvergadering geneem om Knewhope se aansoek om 'n stuk grond van vyf hektaar te koop, te weier.
/Uirab het geskryf die raad het beveel die maatskappy moet 'n nuwe werf identifiseer waar sy bedrywighede voortgesit kan word.
Hy het gesê die maatskappy se nuwe aansoek vir grond “sal die normale prosedures vir oorweging en goedkeuring of afkeuring volg”.
Knewhope is verder ingelig dat die dorpsraad alle munisipale dienste binne vyf dae van ontvangs van die brief sou kanselleer.
Maasdorp en Zhang het gesê hulle het die brief, gedateer 9 April 2018, eers op 12 Mei ontvang.
Hulle is tot Vrydag 18 Mei kans gegee om die erf te ontruim.
Volgens mnr. Suvir Oomadath, wat ook met die maatskappy verbind is, het Knewhope by Rehoboth se dorpsraad vir 'n huurooreenkoms van 10 tot 15 jaar aansoek gedoen met die opsie om die erf te koop.
Die onderneming het 'n ses maande lange huurooreenkoms gehad wat verstryk het.
Oomadath het gesê die dorpsraad dring nou daarop aan dat Knewhope sy bedrywighede na 'n nywerheidsgebied verskuif waar steenmakers werk, “maar die gebied is reg langs die Magasyn- informele nedersetting en naby Blok A en B”.
Oomadath het verlede Dinsdag gesê die maatskappy is gedwing om al sy werkers te ontslaan.
MAASDORP AANGEVAL
Maasdorp is intussen glo op 10 Mei deur ses mans op die perseel van die steenmaker aangeval en beroof. Hy was glo alleen op die perseel toe die mans, met pangas gewapen, hom vasgebind en geslaan het. Hulle het glo ook gedreig om hom dood te maak. Sy linkerenkel is glo gebreek toe een van die aanvallers op hom gespring het.
Die aanvallers het na wat verneem word kontant van hom geëis en het met N$9 000, 'n skootrekenaar, kamera, selfone en 'n Brasiliaanse .38 Rossi-rewolwer weggekom.
Maasdorp kon vlug toe die aanvallers na die kantoorgebou beweeg het.
Die sekuriteitsmaatskappy Eagle Watch het hom gehelp deur die polisie van die voorval in kennis te stel en hom hospitaal toe te vat. Niemand is al in hegtenis geneem nie.
Oomadath het gesê die aanval se tydsberekening stem ooreen met dié van die uitsettingsbevel, wat 'n paar dae later afgelewer is.
Dit is volgens hom verdag.
Maasdorp beaam dit en beweer 'n plaaslike steenmaker het voorheen gedreig om Knewhope se deure te sluit en die besigheid oor te neem.
Hy het vermoed hierdie plaaslike speler is die “meesterbrein” agter die uitsetting, asook agter 'n petisie wat aan die munisipaliteit oorhandig is en moontlik ook agter die aanval op hom.
Die plaaslike steenmaker het na bewering ook gedreig om Lei dood te maak.
“Hy (Lei) is nie 'n Chinees nie; hy is 'n Namibiër op grond van sy herkoms,” het Oomadath gesê.
Tog het Lei gesê hy het in 2016 permanente verblyfreg in Namibië gekry. Hy het oorspronklik in 2008 in Namibië aangekom.
Lei het gesê hy het in 2016 Namibiese burgerskap gekry - slegs agt jaar ná sy aankoms in die land in 2008.
Volgens die maatskappy het hy nooit omkoopgeld vir die gebruik van die erf aan enigiemand betaal nie, maar is omkoopgeld glo van hom gevra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie