Knoeiery hou Ndjadila vir jare uit
Sokker
Hesron Kapanga - Die voormalige Namibiese sokkerskeidsregter Edwardt (Boy-Boy) Ndjadila sal vir agt jaar uit enige sokkerbedrywighede geskors bly, het die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) bevestig.
Ndjadlia het die afgelope jare ’n redelike hoë profiel as ’n beampte van die Namibiese Sokkervereniging (NSV) geniet.
Hy het onder die soeklig gekom vir beweerde wedstrydknoeiery gedurende ’n deurslaggewende CAF Klubkampioenskapsliga-wedstryd tussen die Angolese klub Kabuscorp de Palanca en El Merreikh van Soedan wat op 4 April 2015 in Luanda slaags geraak het.
Ndjadila het N$300 500 van die Angolese klub ontvang sodat hy die uitslag van hul herontmoeting met El Merreikh in hul guns moes manipuleer.
Hiervoor is die Namibiër glo US$60 000 (nagenoeg N$800 000) belowe, waarvan die helfte vooraf betaal sou word en die res agterna, indien die tuisspan met 3-0 sou wen.
Die Angolese span het egter met 2-1 gewen en is gevolglik uitgeskakel, omdat El Merreikh toe reeds die wedstryd in Soedan met 2-0 gewen en dus met ’n saamgestelde telling van 3-2 deurgedring het.
Omdat die uitslag dus nie in hul guns verloop het nie, het die Angolese klubbeamptes ’n klag van korrupsie teen Ndjadila (destyds die NSV se bestuurder van skeidsregtersake) en nog ’n Namibiese wedstrydbeampte, Jackson Pavaza, ingedien.
Pavaza was die skeidsregter en is deur nog twee landgenote as grensregters bygestaan (Isaskar Boois en Christof Alfred Vries).
Die saak is gevolglik onder die aandag van CAF-beamptes gebring, wat hom op 24 Mei 2015 voor ’n verhoor gedaag het.
Pavaza is op alle aanklagte onskuldig bevind, maar Ndjadila is op ’n klag van korrupsie skuldig bevind. Sy skorsing is dus in Februarie verlede jaar deur CAF opgelê en is in September 2016 deur die sport se wêreldbeheerliggaam Fifa met wêreldwye effek bekragtig.
Die NSV se sekretaris-generaal, Barry Rukoro, het glo onlangs by navraag aan die nuusagentskap Nampa gesê hulle het kommunikasie hieroor van CAF ontvang, “maar dis ’n sensitiewe saak vir die vereniging om kommentaar oor te lewer”.
Ndjadila het vroeër vandeesmaand aan Nampa gesê hy kan nie die skorsing bevestig óf ontken nie.
“Ek is pas terug van vakansie af en het nog niks van die NSV gehoor nie. Volgens my kennis is ek steeds aan die NSV verbonde en ek wag steeds vir die finale beslissingh van CAF,” het Ndjadila onlangs aan die nuusagentskap gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie