Kodak ontwikkel eie kriptogeld vir fotograwe
Elvira Wood
Die bekende vervaardiger van kameras en film slaan in 2018 ’n splinternuwe koers in.
Kodak begin op 31 Januarie om KodakCoin, ’n kriptogeldeenheid, op sy KodakOne-platform te verkoop.
Kodak het die platform en kriptogeldeenheid saam met Wenn Digital ontwikkel.
Wenn Digital behoort aan Wenn Media, wat foto’s aan webwerwe en die media verskaf.
Die idee met dié platform is om fotograwe te help om ’n inkomste uit veral generiese foto’s wat hulle vir fotografiebanke neem, te verdien.
Die internet maak dit baie moeilik vir fotograwe om op kopiereg op hul foto’s en dus vir vergoeding vir die gebruik daarvan aan te dring.
Financial Mail berig betaling vir generiese foto’s het sedert die 1990’s drasties afgeneem.
Deur blokkettingtegnologie te gebruik, kan fotograwe individuele lêers vir hul foto’s skep.
Van film tot blokketting
1884 – George Eastman patenteer fotografiese film wat in ’n rolletjie gebêre word. Hy ontwikkel vier jaar later ’n kamera wat dié uitvinding kan gebruik.
1892 – Die maatskappy, wat later as Kodak bekend sal staan, word in Rochester, New York, gestig.
1900 – Die Brownie-kamera, wat $1 gekos het, maak fotografie vir die massas moontlik soos wat Ford se Model T-motor gemotoriseerde vervoer moontlik gemaak het.
1975 – Kodak ontwikkel die eerste digitale kamera.
2004 – Kodak hou op om kameras wat film gebruik, te verkoop.
2009 – Kodak hou op om 35 mm-kleurfilm te verkoop.
2012 – Kodak doen aansoek om bankrotskap.
2018 – Kodak ontwikkel sy eie kriptogeld genaamd KodakCoin.
Die KodakOne-platform gebruik tegnologie wat deurgaans die wêreldwye web monitor om die eiendomsreg van die foto’s wat op die stelsel geregistreer is, te beskerm.
Selfs foto’s wat voorheen reeds op die web gelaai is, kan op die platform geregistreer word.
Die maatskappy sê op sy webtuiste as die platform ’n geval vind waar ’n foto gebruik is sonder dat daarvoor betaal is, kan hy dan ’n proses begin dat die fotograaf vergoed word vir die gebruik van die foto.
Fotograwe word met KodakCoin, ’n kriptogeldeenheid soortgelyk aan bitcoin, vergoed.
Beleggers was so opgewonde oor dié plan dat Kodak se aandeelprys Dinsdag meer as verdubbel het, berig Reuters.
Dit het in New York 119% hoër op US$6,80 gesluit.
Die maatskappy het ses jaar gelede soveel finansiële probleme ervaar dat hy in 2012 bankrot verklaar is.
Hy het bedrywighede in 2013 hervat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie