Koeël deur die kerk vir vuurwapenwet
'n Ministeriële raad probeer om ernstige kwessies van die nuwe wapenwet uit te stryk om 'n situasie te vermy waar daar gedurig hofsake aanhangig gemaak word.
Elvira Hattingh
Vuurwapeneienaars sal, sodra die nuwe wapenwet gepubliseer word, heraansoek vir alle geweerlisensies móét doen.
Ook sal niemand kan wegskram van die vereiste vyfjaarlikse bevoegdheidstoetsing en hernuwing van geweerlisensies nie.
Só sê mnr. Kallie Venzke, voorsitter van die Vuurwapeneienaarsvereniging van Namibië (Goan). Hy sê niks kan meer gedoen word dat die gewysigde wapenwet nie geimplementeer word nie en dit is te laat om dit te verander.
Tog is daar tans goeie samewerking tussen Goan en die betrokke owerhede hieroor, met vier Goan-lede wat lede van die spesiale ministeriële raad is. Die raad is vroeër vanjaar deur die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, mnr. Daniel Kashikola, saamgestel.
Dit is gedoen om ernstige kwessies van die nuwe wapenwet uit te stryk.
“Die onderskeie partye stem saam dat 'n situasie vermy moet word waar daar gedurig hofsake oor die wetgewing aanhangig gemaak word,” het hy gesê.
“Die dilemma is die wet is deur die president onderteken en dit is boonop deur die twee huise van die parlement. Die oomblik as dit gepubliseer word, is dit van krag.
“Dit beteken slegs taalfoute, wat ernstige gevolge op die betekenis van die wetgewing kan hê, kan reggestel word. Ander kwessies kan egter nie so maklik uitgestryk word nie,” het hy tydens 'n onderhoud met Republikein verduidelik.
NOG 'n WETSWYSIGING
Venzke sê 'n president kan wetgewing onder sekere omstandighede parlement toe terugstuur, maar dat die raad besluit het om eerder 'n alternatiewe roete te volg.
“Die plan is die raad moet werk om regulasies op te stel, omdat die wet daarsonder moeilik uitvoerbaar sal wees. Dan moet die wet en sy regulasies tegelykertyd gepubliseer word.
“Die oomblik as dit gepubliseer is, sal daar onmiddellik met 'n wysiging in die wet vorendag gekom word,” het Venzke gesê.
Goan-lede is bekommerd die Suid-Afrikaanse wapenwet is skynbaar in 'n groot mate in die plaaslike wetgewing gedupliseer, terwyl talle struikelblokke in die buurland daarmee ervaar word.
KWESSIES
Venzke sê 'n positiewe verwikkeling is dat bevoegdheidstoetsing by private, geregistreerde skietfasiliteite gedoen kan word, wat dan sertifikate uitreik wat by polisiekantore saam met lisensie-aansoeke ingedien word.
Boonop het die polisie 'n plan om te help met die maklike herregistrasie van alle vuurwapens in die land, wat volgens beplanning oor vyf jaar gedoen moet word.
“Die polisie sê hulle het 'n goeie stelsel wat eienaars in staat stel om 'n aansoek by hul naaste polisiekantoor in te dien, waarna dit na Windhoek gestuur word. As Windhoek jou aansoek ontvang, sal jou lisensie binne drie dae uitgereik kan word,” het hy gesê.
'n Ernstige kwessie is egter 'n vereiste dat álle vuurwapens in die land ballisties getoets moet word. Goan meen buiten dat dit prakties beteken sowat 220 000 gewere sal getoets moet word, is dit ook 'n feit dat gewere se ballistiese eienskappe verander hoe meer dit gebruik word. Boonop meen Goan só 'n vereiste aan buitelandse jagters sal 'n negatiewe impak op die jagbedryf hê.
Goan is ook bekommerd oor die beperking van 200 rondes ammunisie per wapen per persoon.
“Vir die gemiddelde vuurwapeneienaar is dit nie 'n kwessie nie, maar wel vir sportskiet. In kleiduifskiet, as 'n voorbeeld, skiet jy oor 'n naweek 750 patrone. Die wet maak voorsiening dat 'n individu vir vrystelling vir skietkompetisies kan aansoek doen vir 'n maksimum van 400 patrone. Goan wil onderhandel om die getal na 2 500 te verander.”
Venzke sê ook die nuwe wet het die omskrywing of definisie van ammunisie verander.
“Ammunisie word gedefinieer as 'n volledige ronde of sy komponente, wat die slagdoppie, die doppie, die kruit asook die koeëlpunt insluit. Dus tel elk van die komponente as ammunisie.
“Dit is problematies vir herlaaiers asook sportskieters, wat ook dikwels herlaai, omdat hulle net 200 stuks ammunisie kan besit.”
Nog probleme wat die nuwe omskrywing van ammunisie tot gevolg kan hê, is dat patroondoppies van talle jagters wat op jagplase rondlê asook op skietbane, as ammunisie tel. Ingevolge die nuwe wet moet die eienaar 'n lisensie hê vir enige ammunisie wat op sy perseel gevind word.
Venzke sê die raad kon steeds nie uitsluitsel kry oor die besit van vuurwapens deur mense wat domisilie in Namibië het nie. “Hoekom kwalifiseer hulle nie om wapens te besit nie? Ingevolge die Grondwet is hierdie mense so goed soos Namibiese burgers,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie