Koelkop Dreyer kook by Avisdam se X-Trial

Sy het eintlik net probeer om die uitdaging te geniet, vertel die wenner, Risa Dreyer.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - OTB Sport en Standard Bank het Sondag hul X-Trail veldloop by die Avisdam oos van die hoofstad aangebied waar 'n stewige 451 geesdriftige stappers en drawwers aan die 15.5 kilometer of 7 km roetes kon deelneem wat by Eagle's Beer Garden weggespring het.

Die Avis X-Trail was OTB Sport en Standard Bank se tweede in 'n reeks van vier veldbyeenkomste wat vanjaar aangebied word.

Die volgende uitdaging is die Dunes X-Trail wat op 21 September by Swakopmund afgehandel sal word.

Soos gewoonlik was die veld gelaai met ernstige langasems soos Risa Dreyer, Stephanie Roland en Henriette Crouse wat gereed was om mekaar in die 15.5 km elite-afdeling die stryd aan te sê. By die mans het Daniel Tautunyenge, Matheus Jesya en Thomas Miller die uitdaging gelei en uiteindelik het net ses minute hul aankoms by die eindstreep geskei.

Roland het vir Dreyer, wat vernaamlik 'n padatleet van Comrades-gehalte is, behoorlik gejaag, maar Dreyer het daarin geslaag om haar voorste uitdager met meer as 'n minuut te klop. Ná vorige uittogte by Avis was dit Dreyer se eerste keer as om oorwinnaar na vore te tree.

Dreyer sê: “Dit was nou vir jou 'n lekker affêre! Die hele tema maak jou vooraf al opgewonde, want jy moet die dam oorwin!

“Dit is vir my baie duidelik dat die geleentheid jaarliks groei.

“Hierdie keer was dit die meeste deelnemers wat ek by Avis sien hardloop het. Dit is veral lekker om soveel kinders daar te sien wat selfs 'n prys in die 7 km-roete kon opraap en dit maak dit regtig baie spesiaal.

“Ek is nie juis 'n goeie veldatleet of tegniese hardloper nie. Ek is eintlik lief vir die pad en hoewel ek al 'n paar keer aan hierdie kompetisie deelgeneem het, is dit my eerste oorwinning in die elite-afdeling en 'n groot verrassing vir my.

“Ek het Sondag eintlik net probeer om die uitdaging te geniet. Die roete het gewissel van 'n lekker grootpad by die wegspring tot enkelspoorvoetpaadjies en selfs dele waar geen pad sigbaar was nie.

“'n Mens moet regtig deurentyd mooi konsentreer en die merkers noukeurig volg, want jy kan maklik die verkeerde roete volg wat tot diskwalifisering kan lei, of wat jou onnodig tyd kan laat verloor.

“Ek sal beslis weer deelneem! Danksy Standard Bank en OTB is die prysgeld aanloklik en die Namibië Brouery (NBL) het vir yskoue Windhoek Light-bier gesorg. Namens die deelnemers het ons groot waardering teenoor die borge,” het Dreyer opgewonde aan Republikein van haar ondervinding vertel.

Die voorste uitslae:



15.5 KILOMETER

Elite vroue: 1 Risa Dreyer (1 uur 29 minute 9 sekondes), 2 Stephanie Roland (1:30:41), 3 Henriette Crouse (1:34:09).

Elite mans: 1 Daniel Tautunyenge (1:07:36), 2 Matheus Jesya (1:11:33), 3 Thomas Miller (1:13:21).

Veterane vroue: 1 Ottilie Aimwata (126:23), 2 Elloise Ellis (1:39:52), 3 Margo Bishop (1:46:35).

Veterane mans: 1 Salomo David (1:03:26), 2 Eric Barnard (1:23:40), 3 Andrew Rowles (1:24:04).

Meesters vroue: 1 Nadine Agnew (1:39:52), 2 Cheryl Young (1:48:40), 3 Anita Kinder (1:53:07).

Meesters mans: 1 Abraham Rooi (1:25:03), 2 Mark Brinkmann (1:36:57), 3 Richard Meeks (1:42:13).



7 KILOMETER

Elite vroue: 1 Tuna Amutenya (30:10), 2 Victoria Shapwa (40:02), 3 Julia Guthrie (40:27).

Elite mans: 1 Thomas Shigwedha (30:23), 2 Jeremia Shaliaxwe (30:27), 3 Petrus Human (32:33).

Veterane vroue: 1 Akukothela Rakera (40:44), 2 Julie Mbaisa (50:50), 3 Lealani Barth(51:36).

Veterane mans: 1 Martin Kalwenya (32:01), 2 Salomo David (33:26), 3 Markus Windsor (38:01).

Meesters vroue: 1 Susan Martens (50:31), 2 Deedee Yates (52:30), 3 Lara Diez (54:30).

Meesters mans: 1 Joris Harteveld (37:39), 2 Usiel Afrikaner (38:05), 3 Heiko von Ludwiger (39:17).

Meisies o.15: 1 Sascha Brinkmann (43:35), 2 Maja Brinkmann (43:36), 3 Charis Thiele (50:15).

Seuns o.15: 1 Nathan Snyders (42:02), 2 Yenik Brinkmann (45:45), 3 Aidan Gollwitzer (45:47).

Meisies o.11: 1 Jessica Humphrey (50:32), 2 Olive Burger (53:37), 3 Abigail Rowles (1:02:26).

Seuns o.11: 1 WJ Dreyer (42:08), 2 Nicolas Deckenbrock (42:44), 3 Rigby Johnson (43:05).

Pretstap, vroue: 1 Lize-Mari van Wyk (54:53), 2 Marike Stranghöner (55:16), 3 Sandra Loubser (56:34).

Pretstap, mans: Kerikora Kavari (48:35), 2 Dumisani Shaba (59:43), 3 Patrick Shilongo (1:26:36).

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!