Koerslose diskoers
Koerslose diskoers

Koerslose diskoers

Ronelle Rademeyer
Om die skreiende afwesigheid van intellektuele diskoers in die na-verkiesingspolitiek en die aanval op die Verkiesingskommissie (ECN) as kommer­wekkend te beskryf, is 'n eufemisme.

Daarmee word nie gesê stemgeregtigde Namibiërs moet die uitslae in goedertrou aanvaar en nié vrae oor ongerymdhede te vra nie.

Allermins.

Dit is die hóé wat ontstel.

Die opposisie val vas in samesweringsteorieë en hou hulle in kindergarten-styl met vergesogte verdagmakery besig wat geensins konstruktief tot 'n oplossing bydra nie.

Die Landless People's Movement (LPM) wou eers met alle mag hê die ECN moet sy tegniese adviseur, mnr. Milton Shaanika-Louw, in die pad steek. Nou glo mnr. Bernadus Swartbooi sy (Shaanika-Louw) pandjieswinkel-verklaring oor die “veilige bewaring” van vyf skootrekenaars was eintlik 'n messiasdaad om verkiesings­bedrog oop te vlek.

Net so is die LPM se teorie oor twee Indiërs wat in 'n agterstraatjie stemknoeiery bewerk en die vals inligting op geheue­stokkies na die ECN aangery het, tragies eerder as lagwekkend.

As dit 'n voorsmaak is van die vlak waarop daar in die nuwe Nasionale Vergadering uit opposisiegeledere debat gevoer gaan word, het Namibië groot probleme.

Die toename in ­opposisiesetels in die NV is vir demokratiese vooruitgang min werd as debat­voering in vergesogthede verval. Ons is sat vir persoonlike aanvalle, verdagmakery en beledigings.

Fokus op opbouende debat wat toekomsgerig na oplossings soek. Daarsonder is Namibië koersloos.



SO SÊ ANDER

The New York Times, 18 December 2019



How Has This Pesticide Not Been Banned?

The pesticide known as chlorpyrifos is both clearly dangerous and in very wide use. It is known to pass easily from mother to fetus and has been linked to a wide range of serious medical problems, including impaired development, Parkinson's disease and some forms of cancer.

That's not entirely surprising. The chemical was originally developed by Nazis during World War II for use as a nerve gas.

Here's what is surprising: Tons of the pesticide are still being sprayed across millions of acres of United States farmland every year, nearly five years after the Environmental Protection Agency determined that it should be banned.

The E.P.A. proposed a full federal ban after its scientists concluded that there was substantial risk for children and developing fetuses. But federal officials backed off the proposal soon after President Trump took office, and then reversed it completely this past July.

The agency now says the data on chlorpyrifos is insufficient and unreliable, but that argument cuts against well-established scientific opinion and years of careful study by E.P.A. experts.

The New York attorney general is spearheading a lawsuit against the E.P.A., contending the agency broke the law when it reversed course on the federal ban of chlorpyrifos.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!