Koester die saamstaan
Dani Booysen - Die reaksie op die naweek se plaasmoord in die Suide bewys watter reuseverskil eensgesinde samewerking kan maak om 'n gemeenskaplike doel te bereik.
Voor gister se hofverskyning reeds was die moontlike toestaan van borgtog aan die verdagtes 'n brandpunt. 'n Mens sou hoop dat die gemeenskap se gevoelens en herhaalde versoeke vir versigtige oorweging van borgtog in ernstige misdade ter harte geneem sal word.
Wyle mnr. Giel Botma en sy vrou Sarie se nalatenskap is een van dankbaarheid vir die verskil wat hulle in medemense se lewens en hul gemeenskap gemaak het.
Samewerking tussen die boerderygemeenskap, polisie en ander om die voortvlugtiges vinnig vas te trek, is nie net plaaslik nie, maar in Suid-Afrika en van so ver as Australië en Nieu-Zeeland geloof. Sulke verhoudinge moet bevorder word en die ratte daarvan deeglik geolie bly. Dit geld nie net vir misdaadvoorkoming nie, maar alle terreine waarop hierdie soort saamstaan groot verskille kan maak.
Dit is 'n ope vraag of die verswakking van verhoudings tussen boerderygemeenskappe en die polisie in Suid-Afrika een van die oorsake van die sukkelstryd teen die pandemiese afmetings van plaasmoorde in dié buurland is.
Wat wel tot kommer stem, is die wye aanhitsing van mense om die reg in eie hande teen misdadigers te neem. Ook versugting vir tropgeregtigheid en die stereotipering van alle medeburgers uit sekere klasse.
Begrip is daar vir emosie, maar “'n oog vir oog en 'n tand vir 'n tand” is juis 'n beginsel waarteen die grondwetlike demokrasie met sy onafhanklike regbank alle inwoners beskerm.
So sê ander
5 Februarie 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Tel maar die R4,3 miljoen wat vir Donderdagaand se parlementsopening begroot is by die miljarde wat onder pres. Jacob Zuma se bewind vermors is as hý weer die staatsrede sou lewer.
En tel nog 'n paar miljard by vir wat dit ons land aan beleggersvertroue sal kos.
Die parlementsopening behoort 'n viering van ons grondwetlike demokrasie te wees en die staatsrede moet die regeringsplan vir die komende jaar aandui.
Sy toesprake word deur ander geskryf en sy voorlees daarvan is altyd stotterend, duidelik sonder begrip van enigiets wat hy lees.
Terwyl die magstryd in die ANC se topstruktuur voortduur tussen die kamp van adj.pres. Cyril Ramaphosa, ANC-leier, en dié van Zuma, wat nog soos 'n neet aan sy amp klou, is dit die land wat die prys van nóg 'n Zuma-staatsrede sal betaal.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie