Koffie tussen die duine!
Die Bottomless Coffee Band steek weer die Namibiese grens oor met vier optredes tydens hul Into the Dunes 2017-toer. Hierdie jaar se toer sluit optredes in Walvisbaai, Windhoek en Tsumeb in.
Ná ’n baie suksesvolle 2016-toer, wat optredes in Windhoek en Swakopmund ingesluit het, het die Suid-Afrikaanse egpaar van die Bottomless Coffee Band onderneem om ’n jaarlikse instelling van Namibië te maak. Die multi-instrumentaliste se toer skop hierdie jaar op 9 Junie in Walvisbaai se gemeenskapskerk af.
“Dit is ’n besonderse gevoel as ’n land en sy mense in ’n mens se hart inkruip, soveel so dat ’n mens daarna verlang,” verduidelik Este, ’n sangeres wat klassieke opleiding ontvang het.
“Verlede jaar het ons geen idee gehad wat om te verwag nie. Daar aangekom, het ons gehoor dat die Warehouse-teater se kaartjies uitverkoop is en dat hulle stoele gaan indra om nog ’n paar ekstra sitplekke te skep. Dit het nog nooit met ons gebeur nie, dit was onwerklik. Ek dink ons kon eers weer op eie bodem werklik inneem wat gebeur het. Ons het toe vir seker geweet dat ’n Nam-toer ’n jaarlikse ekskursie op die kalender moet wees.”
Kort ná die Bottomless Coffee Band se 2016-toer, het die groep op ’n twee maande lange reis deur Europa en die Verenigde Koninkryk vertrek. Hulle het onder andere optredes in België, Nederland en Londen gedoen, en die toer is afgesluit met ’n week van optredes by die alombekende Edinburgh Fringe Festival in Skotland. Hierdie fees is besig om die grootste kunstefees in die wêreld te word.
Lourens, die “rock and roll”-helfte van die groep, glo verlede jaar se Namibiese toer was instrumenteel tot die voorbereiding en sukses van hul oorsese optredes.
“Namibië, en veral Windhoek, het ons goed voorberei op die Europese mark. Al het ons vantevore vir groot gehore opgetree, het ons geen idee gehad hoe ’n kultuur van ’n ander land ons musiek sou ontvang nie. Maar ons was oorweldig deur die hoeveelheid ondersteuning en goeie terugvoering wat ons in Namibië ontvang het. Dit het beslis bygedra tot ons selfvertroue om onsself aan enige mark te kan bekend stel - maak nie saak waar ons sou optree nie.”
Die Bottomless Coffee Band het sedertdien reeds vier suksesvolle toere terug op Suid-Afrikaanse bodem voltooi en is tans besig om aan ’n nuwe album te werk wat einde 2017 vrygestel gaan word. Hul optrede beloof om nuwe materiaal en interessante reisstories in te sluit.
“Ons sien baie plekke en ons ontmoet baie mense en keer op keer ervaar ons dat daar twee dinge is wat oral oor die wêreld met ope arms ontvang word, en dit is musiek en liefde. En daarvan het ons nog baie om te gee . . . ”
Into The Dunes Namibië-toer, Junie 2017:
• 9 Junie, Walvisbaai-gemeenskapskerk, Walvisbaai, N$100
• 13 en 14 Junie, Warehouse-teater, Windhoek, N$120
• 15 Junie, Die Teaterhuis, Tsumeb, N$120

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie